Eagles teen Emirate vandag

Andrew Poolman
Die laaste dae voor die Namibiese krieketspan se debuutverskyning in die T20 Wêreldbeker in die Verenigde Arabiese Emirate raak vinnig minder, met die Eagles se eerste opwarmwedstryd vanoggend teen die gasheerland. Op ’n aanlyn nuuskonferensie gister het die Namibiese kaptein, Gerhard Erasmus, gesê dat die draaibouler en houespeler Nicol Loftie-Eaton weens ’n liesbesering nie vir vandag se stryd oorweeg sal word nie. Namibië se groepwedstryde teen Sri Lanka, Nederland en Ierland op 18, 20 en 22 Oktober sal bepaal watter twee tot die Supertwaalffase deurdring. Foto’s verskaf

Kommentaar

Republikein 2025-12-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer