Eagles reg vir 'n stryd tot die bitter einde
Eagles reg vir 'n stryd tot die bitter einde

Eagles reg vir 'n stryd tot die bitter einde

Die Namibiërs hoop dat die terugkeer van Christi Viljoen 'n verskil kan maak.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Daar is oorgenoeg groenigheid in die kolfblad om te verwag dat boulers vir die volle vier dae iets sal hê om mee te werk en dat kolwers nooit werklik op hul gemak sal kan raak nie.

Só het André Schmidlin, spanbestuurder, gister laat weet oor die Interkontinentale Beker vierdagwed­stryd tussen Skotland en Namibië wat vandag (11:00 plaaslike en Namibiese tyd) begin.

Die gasheerveld by Ayr-krieketklub is aan Skotland se weskus, sowat 130 km van Edinburgh wat aan die ooskus geleë is.

In die Interkontinentale Beker-reeks wat van 2015 tot 2017 strek, is Namibië tans onderaan die puntelys van agt spanne.

Kaptein Sarel Burger-hulle se 20 ligapunte is te danke aan 'n vroeër tuisoorwinning teen Hongkong, maar hulle is vasberade om alles in die stryd te werp om voor die naweek dié totaal met 'n regstreekse oorwinning te verdubbel.

Skotland is twee posisies beter geplaas (30 punte) nadat reënweer sover 'n uitslag in al drie hul wed­stryde verhinder het.

Sarel Burger sê: “Ons is baie opgewonde om Skotland toe te kom en in die Interkontinentale Beker, asook twee wedstryde in die Wêreldkrieketliga (eendagwedstryde) te speel.

“Ons is ten volle bewus van die belangrikheid van hierdie twee toernooie vir ons land se krieket en dat dit ons die geleentheid gee om hoër op die leer te klim indien ons goed vaar.”

Afrigter Dayanand (Dee) Thakur het opgemerk: “Beide die vierdag- en eendagwedstryde teen Skotland sal geensins maklik wees teen 'n Skotse span van goeie gehalte nie. Ons wil ons seisoen op 'n positiewe seisoen afskop en wil ons posisie op die puntestand verbeter.”

Die terugkeer van Christi Viljoen na die Namibiese span ná 'n afwesigheid van meer as twee jaar is 'n opvallende aspek van die spankeuse.

Hy was nie net tevore 'n konstante presteerder met beide die kolf en as linkerarm snelbouler nie, maar het die afgelope seisoene ook opgang as 'n beroepspeler vir die Nieu-Seelandse franchise Otago gemaak.



BOULOPSIES

Vreemd genoeg bevat die Namibiese groep net een van sy vier voorste lopiemakers in die vierdagkompetisie tot dusver.

Sarel Burger (183 lopies in tien kolfbeurte) is daar, maar JP Kotze (192), Nicolaas Scholtz (161) en Xander Pitchers (147) is almal afwesig.

Namibiërs wat op die lys van meeste paaltjies in die reeks verskyn, is die draaibouler Bernard Scholtz (16 in drie wedstryde) in die algehele tiende posisie; JJ Smit (9) en Sarel Burger (8).

Die Namibiese spelersgroep is: Sarel Burger (kaptein), Craig Williams (onderkaptein), Stephen Baard, Louis-Petrus van der Westhuizen, Gerhard Erasmus, Jan Frylinck, Christi Viljoen, Zane Green (paaltjiewagter), JJ Smit, Bernard Scholtz, Tangeni Lungameni, Danie van Schoor en Gerrie Snyman.

Vir die twee eendagwedstryde op 11 en 13 Junie sal die draaibouler Zhivago Groenewald aansluit om by sy eweknie Danie van Schoor oor te neem. Groenewald het die afgelope maand of wat klubkrieket in Nederland gespeel.



SUID-AFRIKAANSE INVLOED

Beide Skotland se kaptein en onderkaptein Kyle Coetzer en Con de Lange, is gebore Suid-Afrikaners wat hulle reeds in hul nuwe tuisland ingegrawe het.

Vir die eendagreeks het Skotland ook sy voormalige kaptein Preston Mommsen (29) teruggebring, wat laasjaar November uit internasionale krieket getree het.

Mommsen (100 lopies in drie kolfbeurte) is die enigste Skot wie se naam naastenby op die lys van topkolwers in die vierdagkompetisie verskyn.

Skotland is in die Wêreldkrieketliga eendagreeks beter geplaas in die vierde posisie en kan met twee oorwinnings tot die tweede plek opskuif. Namibië is hier ook in die laaste plek en het nog net een wedstryd gewen.

Skotland se groep vir die Interkontinentale Beker: Kyle Coetzer (kaptein), Con de Lange (onderkaptein), Richie Berrington, Matthew Cross, Alasdair Evans, Safyaan Sharif, Michael Leask, Calum MacLeod, Mark Watt, George Munsey, Craig Wallace, Chris Sole, Stuart Whittingham.

Vir die eendagwedstryde sal Preston Mommsen die plek van Michael Leask inneem.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%