Eagles-reekse word opgetower
Dis 'n groot dag vir krieket in die land en spesifiek vir die Eagles, meen die uitvoerende hoof van Krieket Namibië.
Tielman van Lill - Krieket Namibië het dié week 'n tweejaarkontrak met AB InBev aangekondig om met sy Castle Lite-handelsmerk alle internasionale tuiswedstryde in Namibië te borg.
Dié borgskap van N$800 000 per jaar sal tot in Maart 2021 geldig wees. Die reekse wat tuis gespeel gaan word, sal as Castle Lite-reekse bekend staan, insluitend die driehoekige eendagreekse wat deel van die 2019-2021 Wêreldbeker Liga Twee vorm.
Mnr. Johan Muller, uitvoerende hoof van Krieket Namibië, het met die bekendstelling gesê: “Dis 'n groot dag vir Krieket Namibië en spesifiek die Eagles, ons nasionale span, wat vanjaar tuis in drie internasionale eendagtoernooie gaan deelneem.
“Hulle sal ook buite die landsgrense by drie toernooie in aksie wees. Met dit in gedagte is ons in die bevoorregte posisie om 'n vennootskap met AB InBev te kon vasknoop om die toernooie te kan aanbied.
“Om met AB InBev in vennootskap te kan wees, is 'n geweldige eer. Ek het hul verteenwoordigers verlede jaar September vir die eerste keer ontmoet. Ek wil hulle graag bedank, want ek was beïndruk met die wyse hoe AB InBev die onderhandelinge hanteer het.
“Julle het Krieket Namibië gemoedsrus gegee en ek wil AB InBev verseker julle is die soort mense met wie ons graag besigheid doen. Ons is baie bly dat ons 'n ooreenkoms kon uitwerk.
“'n Vennootskap soos dié plaas ons in die posisie om krieket op 'n veel meer professionele wyse aan te bied. Krieket Namibië wil graag families by krieketwedstryde betrek. Ons gaan die vroue met 'n spesiale area onder 'n tent bederf waar hulle 'n verwelkomingsdrankie, asook 'n massering kan ontvang en hulle kan op luukse rusbanke sit om na die krieket te kyk.
“Die Castle Lite-borgskap maak dit vir ons moontlik om na ons toeskouers om te sien. Ons wil graag al die tuistoernooie as gesinsbyeenkomste bekendstel en nooi mense hartlik uit om die krieket saam met ons te kom geniet,” het Muller verduidelik.
Me. Eugénie Klazen, handelsmerkbestuurder van AB InBev in Namibië, sê die Eagles is 'n spogspan en verdien ondersteuning.
“Die Eagles het die afgelope maande baie goed gevaar en gereeld positiewe hoofopskrifte gehaal. Ons het dit as 'n bemarkingsgeleentheid raakgesien. Wat my regtig oorgehaal het, was toe ek en Johan (Muller) oor die komende wedstrydprogram begin gesels het,” het Klazen vertel.
Gerhard Erasmus, kaptein van die Eagles, sê die borgskap kan hulle tot nuwe hoogtes aanspoor.
“Sedert ons verlede jaar internasionale eendagstatus verwerf het, is die driehoekige reekse in verskillende wêrelddele 'n hoogtepunt op ons almanakke. Die ouens geniet dit werklik om eendagkrieket te speel.
“Natuurlik is Namibiese krieket danksy ons eendagstatus nou meer in die kollig. Vyftigbeurtwedstryde word wêreldwyd goed ondersteun en uitgesaai. Met Castle Lite aan boord is ons gemotiveer om nóg beter te vaar.
“Met hul samewerking gaan dit baie mooi rondom die veld lyk en ek glo ons sal beter ondersteuning kry en kan in die proses die spel vir Namibiese kykers aanskoulik maak en die spel wyer bevorder,” het Erasmus gesê.
Die Eagles se eerste tuistoernooi is van 25 Maart tot 1 April by Wanderers in Pionierspark teen Nederland.
Die wedstrydprogram is:
Woensdag 25 Maart: T20-wedstryd vanaf 14:30.
Donderdag 26 Maart: T20-wedstryd vanaf 14:30.
Saterdag 28 Maart: T20-wedstryd vanaf 10:00.
Sondag 29 Maart: eendagwedstryd vanaf 10:00.
Dinsdag 31 Maart: eendagwedstryd vanaf 10:00.
Woensdag 1 April: T20-wedstryd vanaf 10:00
Videostroom van al die wedstryde sal regstreeks op die gratis toep TV2 Africa vertoon word.
• Vanaf 22 tot 29 April lê Namibië se eerste tuistoernooi in Wêreldbeker Liga 2 voor, met Nepal en Skotland as die besoekers. Gedurende September is dit weer sulke tyd, met die VSA en Papoea-Nieu-Guinee wat mekaar in 'n opwindende reeks hier kom takel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie