Eagles onstuitbaar deur na semifinaal
Die bouler Victoria Hamunyela, met vier paaltjies, is gister vir die tweede keer as speler van die wedstryd bekroon.
Tielman van Lill – Die Capricorn Eagles, Namibië se nasionale vrouekrieketspan, het gisteroggend hul onoorwonne veldtog by die Kwibuka T20-toernooi voortgesit en boaan die puntelys tot die semifinaal deurgedring.
In hul vierde en laaste groepkragmeting by die Gahanga-stadion in Kigali, Rwanda, het die Namibiërs vir Kenia, wat gewis hul sterkste teenstand sou wees, met 36 lopies bloedneus gegee.
Die vroue-Eagles het vandag 'n welverdiende afdag voordat hulle môre in die semifinaal dalk teen die einste Kenia of die gasheer Rwanda speel.
Kenia het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen. Die Keniaanse boulaanval het goed gevaar deur Namibië tot 110 lopies vir die verlies van ses paaltjies in hul toegelate 20 boulbeurte te beperk. Die sewe bylopies wat hulle afgestaan het, het net vyf wydlopers ingesluit, wat van hul gedissiplineerde boulwerk getuig.
Die Eagles se aanvangspaar, Adri van der Merwe met 33 (41 balle, 4x4) en Suné Wittmann 39 (26 b, 8x4), het 'n stewige grondslag vir die sege gelê.
Wittmann, wat hoër in die kolflys bevorder is ná haar puik 93 nie uit nie die vorige dag teen Botswana ('n T20-rekord vir die nasionale vrouespan) was eerste uit, voordat Van der Merwe drie boulbeurte later gevolg het.
Twee van Namibië se kolwers is uitgevang, terwyl die res deur Sarah Wetoto (2 slagoffers) en Esther Wachira (2) geboul is.
Dit het Yasmeen Khan (5), Kayleen Green (2), Irene van Zyl (10*), Edelle van Zyl (1), Wilka Mwatile (11) en Arrasta Diergaardt (2*) in beheer gelaat om 38 in sewe boulbeurte te versamel.
Val van paaltjies: 1/65 (Wittmann, 9.3 boulbeurte), 2/82 (Van der Merwe, 12.5), 3/86 (Y. Khan, 14.2), 4/93 (Green, 16.3), 5/96 (E. van Zyl, 17.4), 6/108 (Mwatile, 19.4).
Vir Kenia was hul wegbreekbouler Wetoto, met 3/13 in 4 boulbeurte die suksesvolste. Wachira (2/18 in 4) was ewe ekonomies en Queentor Abel (1/23 in 4) het goed ondersteun.
Vir Kenia het sake uit die staanspoor hakerig verloop toe Monicah Ndhambi (2, 2 b, gevang Didi Foerster) in die eerste boulbeurt se derde aflewering deur Van Zyl teruggestuur is.
Abel (19 van 17 b, 3x4, gestonk Khan, geboul Victoria Hamunyela) het probeer walgooi, maar toe sy uit is, het Kenia se mokorro (houtkano) al meer water begin lek en het op 74 almal uit in 14.2 boulbeurte gesink.
Net die paaltjiewagter Sharon Juma (12 van 11 b, 2x4, geboul Mwatile) en Lavendah Idambo (15, 16 b, 2x4, uitgehardloop deur Diergaardt) kon dubbelsyfers behaal. Die res is goedkoop deur die Eales se puik boulaanval vir net 26 lopies laat stap.
Val van paaltjies: 1/4 (M. Ndhambi, 0.3), 2/27 (Margaret Ngoche, 4.5), 3/32 (Q. Abel, 5.4 ov), 4/49 (S. Juma, 8.3), 5/52 (S. Wetoto, 9.1), 6/54 (E. Wachira, 9.6), 7/57 (Veronica Abuga, 11.6), 8/74 (L. Idambo, 13.6), 9/74 (Fiavia Odhiambo, 14.1), 10/74 (Jane Otieno, 14.2).
Victoria Hamunyela (4/14 in 4) het opnuut die Eagles-boulaanval aangevuur. Sy was die speler van die wedstryd – net soos op dag 1 toe sy teen Nigerië 4/8 geneem het.
Van Zyl (3/11 in 3.2) was met 3.30 lopies per boulbeurt die mees ekonomiese bouler. Sy het Odhiambo briljant van haar eie boulwerk uitgevang en J. Otieno met haar volgende aflewering vir 'n nulletjie geboul, maar geen Keniaanse kolwer was meer oor vir 'n moontlike driekuns nie.
Mwatile het ook met 2/21 in 4 presteer.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie