Eagles gewond, maar nog nie begrawe

Ná die eerste twee speeldae vir die ses spanne kon net Oman beide kere wen, met Kanada die enigste wenlose span.
Tielman van Lill
Tielman van Lill



Namibië se krieketspan is vasberade om vandag teen die wenlose, dog gevaarlike Kanada 'n noodsaaklike tree vorentoe in die Internasionale Krieketraad se Wêreldkrieketliga Afdeling 2-toernooi (WCL2) in Windhoek te gee.

“Dit was pynlik,” het Namibië se afrigter Pierre de Bruyn ná Sondag se hartverskeurende nederlaag met twee lopies teen die VSA gesê, “maar daar is nog baie krieket wat dié week gespeel moet word. Ons kan positiewe aspekte neem uit ons jaagtog na 250 lopies. Daar was slordigheid in ons boulwerk en veldwerk waarna ons kan kyk, maar ons sal terugkom.

“Vandag het ons nie die paal gehaal nie, maar ons moet vertroue hê in die deeglike voorbereiding wat ons gedoen het. Ons moet kalm bly en die emosies hanteer vir die drie wedstryde wat oorbly.”

Die Eagles het Saterdag in hul openingswedstryd teen Papoea-Nieu-Guinee by Wanderers naelskraap gewen, maar het hulself ook in die voet geskiet deur die verlies van paaltjies vroeg in hul kolfbeurt.

Die Eagles het goed geboul om PNG almal in die 43ste boulbeurt vir 118 uit te boul, met die paaltjies gedeel tussen JJ Smit (3/34 in 10 bb), Jan Frylinck (3/16 in 7) en Craig Williams (3/35 in 8).

Die Eagles se aanvangskolwers JP Kotze (19) en Stephen Baard (16) het met vertroue begin met vloeiende grenshoue, maar 'n ineenstorting het gevolg toe Jean Bredenkamp (4), Gerhard Erasmus (4) en Craig Williams (5) se vertrek die span tot 54/5 geknak het.

Dit het 'n koelkop vennootskap tussen die speler van die wedstryd Jan Frylinck (23 nie uit nie) en JJ Smit (19*) gekos en genadiglik steek Namibië die PNG-telling in die 31ste boulbeurt met 120/7 verby en wen die botsing met drie paaltjies.

• Sondag was die Verenigde State van Amerika se beurt om twee waardevolle ligapunte teen die Eagles in te palm.

Die VSA het die vorige dag by die United-veld lelik slae teen Oman gekry (148 almal uit, in 'n nederlaag met 6 paaltjies). Teen Namibië het Aaron Jones (uit vir 2 lopies die vorige dag teen Oman) egter vasgetrap vir 'n honderdtal.

Jones (103 nie uit nie van 124 aflewerings) moker twee sesse en nege viere om die VSA se telling tot 250/7 in hul toegelate 50 bb op te jaag.

Hoewel JJ Smit die eerste bouler in die toernooi is wat vyf paaltjies behaal (5/63 in 10 bb), het al die Eagles-boulers lopies afgestaan teen die omgekrapte Yanks, afgesien van Bernard Scholtz se ekonomiese 0/26 in 10.

Namibië verloor sy aanvangspaar Baard en Kotze onderskeidelik vir 5 en 0, maar met Bredenkamp (55 van 102 balle) en Erasmus (92 van 107 balle) voor die penne tel die Eagles kop op. Ná hulle is Craig Williams (24) op die grens uitgevang, terwyl JJ Smit sy eerste bal vir ses geslaan het voordat hy op 17 uitgevang is.

Ali Khan ewenaar egter Smit se vroeër prestasie en vir sy suinige, deurslaggewende 5/46 in 10 bb is hy as speler van die wedstryd aangewys. Drie van sy deurbrake was in dieselfde boulbeurt (die 49ste), toe hy Christi Viljoen (30) b.v.p. betrap en vir Frylinck op 6 skoon geboul het, voordat Bernard Scholtz (0) ook sy eerste bal in die lug geslaan het en uitgevang is.

Met Karl Birkenstock (4*) en die laaste man Zhivago Groenewald moes Namibië sewe lopies van die laaste boulbeurt, en drie van die laaste drie balle kry.

Met twee lopies kort waag Groenewald egter 'n onmoontlike enkellopie en word deur die bouler Saurabh Netravalkar uitgehardloop. Namibië eindig op 248 almal uit en verloor met twee lopies.

• Hongkong, wat Saterdag vir Kanada met sewe paaltjies oorrompel, loop hom egter Sondag teen 'n hardnekkige PNG vas.

Davy Jacobs, die Suid-Afrikaans gebore kaptein van Kanada wat lank vir die Oos-Kaapse Warriors en ook in die IPL gespeel het, se span vaar nie te vrot nie en plaas 222/8 in 50 bb op die telbord. Kanada vind dit amper onmoontlik om Hongkong se ervare Asiatiese kolwers hok te slaan en verloor met sewe paaltjies toe Hongkong in die 48ste boulbeurt die wenteiken met 223/3 verbysteek.

Die verslae gesigte van Hongkong ná die loesing van drie paaltjies Sondag teen PNG het alles gesê. Kaptein An­shuman Rath van Hongkong het die vorige dag 'n briljante beurt gespeel (114 nie uit nie) en het dit teen PNG met 'n ewe stewige 85 opgevolg, maar selfs dit was nie genoeg om hul basse te red nie.

Hongkong se 222/9 in 50 bb by die United-veld was beslis nie genoeg nie en PNG kolf oordeelkundig tot 223/7 in die 48ste bb.

• Oman is sekerlik 'n span om vandeesweek dop te hou. Hulle klop die VSA op die eerste dag by United met ses paaltjies nadat hulle die Amerikaners vir 148 in die 38ste bb uitgeboul het.

Sondag hou hulle toe vir Kanada wenloos met 'n oorwinning van 99 lopies, met Aqib Ilya (86 van 100 aflewerings) en kaptein Zeeshan Maqsood (109 van 102) wat die grootste indruk maak. In sy kolfbeurt om Oman se 285/7 te jaag, sukkel Kanada tot 186 almal uit in die 44ste bb.

Huidige stand: Oman 4 punte (netto kolftempo 1.127), Namibië 2 (0.891), Hongkong 2 (0.016), VSA 2 (-0.109), PNG 2 (-0.757), Kanada 0 (-1.139).

Vandag se wedstryde (begin 09:30): Namibië teen Kanada by United; Hongkong teen Oman by Wanderers; PNG teen VSA by Affiespark. Môre: Namibië teen Oman by Affiespark; PNG teen Kanada by Wanderers; Hongkong teen VSA by United. Donderdag: Rusdag.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%