E-kaartjies vir handelskou
Yolanda Nel – Uitstallers en diensverskaffers by die jaarlikse Ongwediva-handelskou (OATF) wat tans in dié dorp aan die gang is, het vanjaar e-toegangskaartjies pleks van die gewone armbande ontvang.
Volgens mnr. Derick Briers, uitvoerende hoof van InTouch, is dit ’n stap in die regte rigting.
“’n Groot voordeel is dat dit geen papier gebruik nie, wat ’n positiewe effek op die omgewing het.”
Hy sê voorts toegangskaartjies kan via SMS aan uitstallers, gaste, familie en vriende gestuur word. Sou jy dalk die SMS met jou aktiveringskode verloor, kan dit eenvoudig met jou selfoonnommer herstel word. “Jy sal ’n eenmalige PIN ontvang en dit sal op ons stelsel wys hoeveel kaartjies jy het,” aldus Briers.
“Jy het ook nie eens ’n slimfoon nodig om die stelsel te gebruik nie – enige selfoon kan gebruik word.”
Volgens mnr. Jackson Muma, ’n woordvoerder van die Ongwediva-dorpsraad, wou hulle met die armbandstelsel wegdoen en dus is besluit om e-kaartjies te gebruik. Besoekers betaal wel steeds hul toegangsgelde by die hekke.
Nampa het vroeër berig dat besoekers aan vanjaar se handelskou na 420 plaaslike en buitelandse uitstallers kan uitsien, in vergelyking met verlede jaar se 417.
Wat veiligheid betref, het die voorbereidingskomitee 198 veiligheidswagte van vyf plaaslike maatskappye ontplooi om sekuriteit deur die loop van die skou te verseker.
Die handelskou – vanjaar in sy 19de bestaansjaar – se hekke het Vrydag geopen en kan tot 1 September besoek word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie