E-dag vir Brittanje is 29 Maart
Theresa May, Britse premier, gaan op 29 Maart aan die Europese Raad skryf om Brittanje se onttrekking aan die Europese Unie (EU) aan te kondig, het 'n woordvoerder van 10 Downing Street Maandag gesê.
Dié brief sal die twee jaar lange Brexit-proses aan die gang sit en die begin aandui van onderhandelinge tussen die Britse regering en die EU.
Teen die einde van volgende week, nadat Donald Tusk, president van die Europese Raad, die brief ontvang het, behoort hy reeds die konsepriglyne vir die onderhandelinge aan die 27 ander nasionale regerings te versprei het. Hy sal dié lande se leiers ontbied vir 'n spitsberaad om die finale riglyne te bevestig.
Die spitsberaad sal waarskynlik vroeg in Mei gehou word.
Nadat die riglyne bevestig is, behoort Michel Barnier, die Europese Kommissie se onderhandelaar, onderhandelingsvergaderings met David Davis, May se Brexit-minister, te begin reël.
May het verlede jaar gesê sy beplan om die EU teen einde Maart in te lig van Brittanje se voorneme om die unie te verlaat. Die parlement het dié stap twee weke gelede goedgekeur nadat Britse kiesers nege maande gelede in 'n referendum met 'n meerderheid van 51,9% teenoor 48,1% ten gunste van Brexit gestem het. Ingevolge die art. 50-proses mag onderhandelinge oor die voorwaardes van onttrekking en toekomstige betrekkinge nie begin voordat Brittanje die EU amptelik kennis gegee het van sy voorgenome onttrekking nie.
Ben Wright van die BBC verwag dat May in haar brief aan die Europese Raad sal herhaal dat haar doel is om die Europese gemeenskapsmark te verlaat, maar om 'n wedersyds voordelige ooreenkoms oor handel en ander sake aan te gaan.
May sê die Britse laer- en hoërhuis sal moet stem oor die ooreenkoms wat aangegaan is, maar dat Brittanje die EU sal verlaat, selfs al verwerp die parlement die ooreenkoms.
Sy het gister in Swansea gesê verlede jaar se referendum het nie net gegaan daaroor om die EU te verlaat nie, “maar was 'n stem vir 'n verandering in hoe die land werk”.
“Deel daarvan is om 'n sterk ekonomie te skep en seker te maak dat die voordele van ekonomiese groei en welvaart in elke deel van Brittanje ervaar word.”
– Netwerk24/Nampa/Reuters/ BBC

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie