Dwergkameelperd ook in Namibië gevind
Dwergkameelperd ook in Namibië gevind
Nóg een is in Uganda
05 January 2021 | Omgewing
Francoise Steynberg – Navorsers van die Giraffe Conservation Foundation (GCF) het onlangs 'n navorsingstuk in BMC Research Notes gepubliseer met die nuus dat twee dwergkameelperde in Afrika gevind is.
Die een dwergkameelperd is op 'n plaas in sentraal-Namibië opgespoor en die ander een in Murchison Falls Nasionale Park in Uganda.
“Hierdie studie verteenwoordig die eerste bekende weergawes van dwergkameelperde in wetenskaplike literatuur,” sê die hoofouteur van die navorsingstuk, dr. Michael Brown.
“Hierdie kameelperde is op 'n plaas in sentraal-Namibië gevind tydens fotografiese waarnemings deur GCF om hul getalle, bevolkingsdinamika en verspreiding van kameelperde oraloor Afrika te bepaal.
“Daar is bevind dat hierdie kameelperde in vergelyking korter bene het as ander kameelperde van hul ouderdom.”
Brown sê gevalle van wilde diere met hierdie tipe groei-afwyking van die skelet is buitengewoon skaars.
“Dit is nog 'n interessante bevinding in die unieke verhaal van kameelperde in hierdie uiteenlopende ekosisteme.”
Dwergkameelperd Nigel van Namibië is volgens Brown in 2014 gebore en sy unieke liggaamsvorm is eers raakgesien toe hy vier jaar oud was. Dit is 'n ouderdom wanneer kameelperdbulle naby volwassenheid en ten volle uitgegroei is.
“Die boer het Nigel oor die jare gereeld gesien, maar dit is eers ná GCF se waarnemings dat hy besef het Nigel is nie 'n jong kameelperd nie, maar 'n uitgegroeide kameelperdbul.
“Dit is eers as hy met ander kameelperde vergelyk word, dat die verskil in sy statuur opgemerk word,” sê mede-outeur en kameelperdnavorser, me. Emma Wells.
Volgens GCF het kameelperdbevolkings die afgelope 30 jaar oraloor Afrika verklein, wat tot 'n stille uitwissingskrisis gelei het. Daar is vandag slegs 111 000 kameelperde in die wildernis in Afrika oor, volgens GCF.
“Die feit dat hierdie die eerste beskrywing van dwergkameelperde is, is 'n voorbeeld van hoe min ons van hierdie charismatiese diere weet,” sê dr. Julian Fennessy, direkteur en medestigter van die GCF.
“Dit is maar onlangs dat ons navorsing getoon het dat daar vier verskillende kameelperdspesies is. Daar is nog so baie om te leer oor kameelperde in Afrika.”
– [email protected]

Soortgelyk
Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
5 ure gelede | Gesondheid
Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas
20 ure gelede | Misdaad
Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly
20 ure gelede | Misdaad
Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
20 ure gelede | Misdaad
Reënweer bring groot skade
20 ure gelede | Weer
Weer vir 11 Januarie 2021
20 ure gelede | Weer
Regering slaan toe op klaringsagente
20 ure gelede | Regering
Nafau wen in hof teen Shoprite
20 ure gelede | Arbeid
Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede
20 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies