Dwergkameelperd in Namibië ‘n eerste
Buiten dat dit raar is om die verskynsel onder vrylopende wild aan te tref, is dit die eerste keer ooit dat so iets onder kameelperde aangeteken word.
Elvira Hattingh - Die ontdekking van twee dwergkameelperde, waarvan een op ‘n plaas in Namibië gevind is en nog een in ‘n nasionale park in Uganda, het die wetenskaplike wêreld aan die gons.
Buiten dat dit raar is om dié verskynsel onder vrylopende wild aan te tref, is dit die eerste keer ooit dat so iets by kameelperde aangeteken word.
‘n Navorsingsartikel oor die rare verskynsel is op 30 Desember 2020 in BioMed Central se wetenskaplike joernaal deur die natuurnavorsers dr. Michael Butler Brown en dr. Emma Wells publiseer.
Die wetenskaplikes sê die kameelperde ly aan skeletdisplasie, wat na kraakbeen- of skeletafwykings verwys en soms tot abnormale beenontwikkeling lei.
Brown, 'n bewaringsbioloog en navorser verbonde aan die Dartmouth College, is bekend vir sy werk onder kameelperde en sebras in Afrika, terwyl Wells aan Engeland se York Universiteit verbonde is.
DWERGE
Brown en Wells het die kameelperde vanaf verskeie foto’s ontleed – een ‘n Nubiese kameelperd in die Murchison Falls Nasionale Park, Uganda, en die ander ‘n Angolese kameelperd wat op ‘n private plaas in sentraal-Namibië opgemerk is.
“Die kameelperde se radius en metakarpale bene was uitermatig kort in vergelyking met ander kameelperde van dieselfde ouderdom – iets waarna as disproporsionele dwergagtigheid verwys word,” het Brown geskryf.
Hy sê vorme hiervan word meer algemeen onder "mak diere" soos honde, beeste, varke, rotte en marmotte aangetref, maar dat dit uiters skaars is onder wilde diere. Dit is tot dusver slegs een keer vantevore onder Skotland se rooihartebeeste aangetref, asook by ‘n Asiatiese olifantbul in die suide van Sri Lanka.
WAARNEMING
Brown sê hulle het die dwergkameelperd in Namibië die eerste keer in Mei 2018 gesien en toe weer in Julie 2020. Volgens die plaaseienaar is die kameelperd in 2014 gebore.
Die Ugandese kameelperd het hulle die eerste keer in Desember 2015 opgemerk en hom toe weer in Desember 2016 en Maart 2017 gesien. Die laaste keer moes hy sowat 15 maande oud gewees het.
“Morfometriese vergelykings het getoon dat die twee dwergkameelperde se skeletale dimensies nie ooreenstem met ander kameelperde van dieselfde ouderdom nie en dat hierdie twee diere se voorsate nie dieselfde afwykings gehad het nie.”
Brown sê sulke gevalle in mak diere word vereenselwig met inteling of ‘n gebrek aan genetiese diversiteit, alhoewel inteling onder die kameelperde na raming baie laag is.
Hy voeg by dat diere met dié afwyking dikwels nie lank oorleef nie, maar dat beide hierdie dwerg-kameelperde ouer as ‘n jaar was toe hulle bestudeer is en dus hul mees kritieke lewenstadia oorleef het.
“Tog is daar ‘n lae voorkoms van roofdiere in die omgewings waar hulle voorkom, hoewel hulle nog nie sedert bogenoemde datums wéér opgemerk is nie.”
Brown sê video-opnames van die Namibiese dwergkameelperd toon dat hy moeilik beweeg het, mank geloop het en dat beide kameelperde weens hul skeletale gebreke dit waarskynlik fisiek moeilik sou vind om voort te plant.
Brown sê dié navorsing kan help met ‘n dieper begrip van die ekologie van skeletdisplasie onder wilde diere en hul oorlewing, wat moontlik is omdat navorsers soos hy kameelperdbevolkings gereeld monitor.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie