Dwelms: 106 vas in Maart
Dwelms: 106 vas in Maart

Dwelms: 106 vas in Maart

Tanja Bause
Tanja Bause



Die Namibiese polisie het gedurende Maart 106 mense vir die besit van dwelms is hegtenis geneem. Dit sluit 102 Namibiërs, twee Zambiërs en een elk van Angola en Nigerië in.

In Februarie is 96 mense in hegtenis geneem van wie 91 Namibiërs was.

Nog een elk was burgers van Kongo, Burundi, Duitsland, Mali en Mosambiek.

In Maart is op dwelms ter waarde van N$1 014 050 beslag gelê, 'n afname teenoor Februarie se N$2 264 830.

Die waarde van die dagga waarop gedurende Maart beslag gelê is, was N$911 800.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2026-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer