Dwelmmuile se appèl oor vonnisse misluk
Die Windhoek-hoërhof het Maandag twee aansoeke waarin teen vonnisse vir dwelmhandeloortredings geappelleer is, van die hand gewys.
'n Appèl deur twee veroordeelde dwelmhandelaars om eerder boetes as tronkstraf opgelê te word, is Maandag deur regter Dinnah Usiku in die Windhoek-hoërhof van die hand gewys.
Bangani Dlamini (35) en Derick Manzini (32) het 'n aansoek by die hoërhof ingedien om teen hul vonnis van ses jaar gevangenisstraf vir dwelmhandel te appelleer in die hoop dat hulle slegs 'n boete sal kry aangesien hulle eerste oortreders was.
“Daar is geen algemene reël dat 'n eerste oortreder nie tronkstraf as vonnis mag kry nie,” het Usiku verduidelik.
Volgens die hofdokumente is die twee mans op 5 September 2015 in besit van 25,8 kg dagga ter waarde van ongeveer N$130 000 'n paar kilometer van die Trans-Kalahari-grenspos by Buitepos gevind toe hul dwelms van Swaziland na Namibië gebring het.
In hul aansoek meld hulle dat aangesien hulle berou oor hul dade het, vrywilliglik skuldig gepleit het en eerste oortreders was, hulle slegs 'n boete behoort te kry. Usiku het egter gesê deur 'n boete in 'n saak van hierdie aard op te lê, mag dit die indruk skep dat die oortreding nie ernstig is nie. Sy het bevind die vonnis wat die Gobabis- streekhof opgelê het, korrek en toepaslik was.
Die tweede appèl voor regter Usiku vir 'n ligter vonnis in 'n saak teen 'n Suid-Afrikaanse dwelmmuil is ook van die hand gewys.
Kiewiet Plaatjie (27) het 'n appèl by die hoërhof ingedien teen die ses jaar tronkstraf wat hy deur die Gobabis-landdroshof vir dwelmhandel opgelê is. Hy is verder tot 18 maande gevangenisstraf of 'n boete van N$600 vir die besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen gevonnis. Plaatjie is op 18 Junie 2016 in Gobabis gevang met 200 gram van die dwelm methcathinone ter waarde van ongeveer N$100 000 en 'n 9 mm-pistool in sy besit.
“Na my mening is daar geen regsbasis wat hierdie hof magtig om met die twee vonnisse opgelê aan die appellant in te meng nie,” het Usiku gesê voordat sy die appèl van die hand gewys het.
Die staat het verduidelik dat die appellant betrap is met 'n aansienlike hoeveelheid dwelms, wat 'n ernstige oortreding is. “Dwelms vernietig families en die regering gebruik waardevolle hulpbronne om hierdie tipe misdade te bekamp.”
As vragmotorbestuurder het Plaatjie die Trans-Kalahari-roete gebruik om tussen Johannesburg en Windhoek te pendel. Die klagstaat het verder getoon dat hy N$2 500 aangebied is om die dwelms oor grense na Namibië te bring.
Methcathinone, wat ook as “Cat” bekend staan, is 'n goedkoper weergawe van kokaïen.– Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie