Dwelmmisdaad neem toe tydens inperking
Dwelmmisdaad neem toe tydens inperking

Dwelmmisdaad neem toe tydens inperking

Volgens adj.komm. Kauna Shikwambi, die nasionale polisiewoordvoerder, het die handel en besit van dwelms gedurende die inperkingstydperk toegeneem.

In Mei het die Namibiese polisie 159 verdagtes in verband met dwelms in hegtenis geneem.

Hiervan was 140 Namibiërs, drie Angolese, twee Kongolese, drie Nigeriërs, agt Zambiërs en een verdagte elk van Suid-Afrika, Tanzanië en Zimbabwe.

In vergelyking is 143 verdagtes in April in hegtenis geneem, van wie 131 Namibiërs, vyf Kongolese, twee Angolese en twee Somaliërs was. Een verdagte elk het uit Tanzanië, Rwanda en Jamaika gekom.

Gedurende Mei is op dwelms ter waarde van N$3,446,450 beslag gelê en in April is N$502 120 se dwelms gekonfiskeer.

Kommentaar

Republikein 2026-07-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer