Duurste water in die hele land?
Duurste water in die hele land?

Duurste water in die hele land?

Mandy Rittmann
M WERNER SKRYF:

Okahandja betaal nou meer as 70% meer vir water - die duurste nog ooit en dit boonop in die Covid-tyd.

Inwoners en besighede kla.

Op 22 Junie is 'n brief aan die munisipaliteit gestuur om antwoorde te kry. Nog geen reaksie van hulle ontvang nie, en as jy bel dan is die antwoord: lees die Government Gazette.

Dis mos nie hoe dit werk nie.

Niemand is in kennis gestel van hierdie verhogings nie. Dit is mos heel eenvoudig om saam met die rekeninge net 'n brief uit te stuur wat die mense in kennis stel van die verhoging.

Niemand weet regtig wat aangaan nie.

Okahandja, wat damme om hulle het, betaal nou amper die duurste in die land, N$75 per kubieke meter.

Wat my die kwaadste maak, is dat dit alles te danke aan swak bestuur is. Daar is geen infrakstruktuur instand gehou nie, en alles verval, want daar is nie geld nie. Ons is een keer per week sonder water soos die pype oral bars.

Die volgende aanmerking is dat Okahandja se mense te veel water gebruik. Nee geagte Okahandja-munisipaliteit, julle infrastruktuur is in sy peetjie in. Hoeveel pype bars per week oral in die dorp? Hoe lank vat dit om daar te kom? Hoeveel lekkasies is op die sypaadjies waar die stopkrane is? Hoeveel staats­geboue se water lek?

Dit moet mos vanselfsprekend regkom. Solank die verbruikers wat klaar swaar kry gelooi word, is hulle gelukkig.

Ek is keelvol vir die eens mooi dorp, wat nou lyk soos 'n hool. Ek kry skaam om te sê ek bly in Okahandja.

Kommentaar

Republikein 2026-07-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer