Duur handsakke verkoop moeiliker
Aanvraag na luukse produkte het in 2016 gedaal weens 'n sterk dollar en druk op die wêreldekonomie.
Vervaardigers van ontwerpershandsakke kan die druk op die wêreldekonomie letterlik op hul sakke voel.
Volgens Edited, 'n maatskappy wat navorsing oor die modesektor doen, het Michael Kors, Prada, Louis Vuitton en Burberry almal minder nuwe ontwerpe in die laaste kwartaal van 2016 bekend gestel.
Edited meen die ontwerpers se stryd om 'n daling in aanvraag en afslag deur winkels teen te werk, kan hul aandag aflei van die een ding wat hulle op lang termyn suksesvol maak – kreatiwiteit.
Milton Pedraza, 'n luukshedekonsultant in New York, sê die gebrek aan innovasie kan dit moeilik maak om kopers weer na dié produkte terug te lok.
“Daar is 'n gevoel van onheil in die sektor en alles is defensief en nie offensief nie,” sê hy.
“Jy sien 'n groot hoeveelheid van produkte wat nageaap word, minder innovasie en kreatiwiteit juis op 'n tydstip wanneer jy dapper behoort te wees.”
Aanvraag na luukse produkte het in 2016 gedaal weens 'n sterk dollar en druk op die wêreldekonomie, berig Bloomberg.
Terrorisme het toerisme na Amerika beïnvloed wat weer 'n impak op besteding aan luukse artikels gehad het.
Volgens Bloomberg was die handsakafdelings van verskeie luukse handelsname in die feestyd aansienlik kleiner as voorheen.
Michael Kors het glo in die laaste drie maande van 2016 sowat 24% minder nuwe ontwerpe bekend gestel terwyl Prada en Louis Vuitton albei 35% en Burberry 8% minder nuwe ontwerpe die lig laat sien het.
Volgens die navorsingsmaatskappy Euromonitor gaan die toename in die verkope van handsakke tot 3,1% per jaar daal in 2020 van die ongeveer 16% in 2012.
Die verlangsaming het ontwerpers gedwing om hul bedrywighede uit te brei. Michael Kors ontwerp nou mansdrag terwyl Kate Spade huisware insluit.
– Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie