Durant beklink wenprys
Gholf
Die Windhoek Gholf- en Buiteklub (WGCC) het Saterdag sy derde van sewe Windhoek Lager Monthly Medley- kompetisies aangebied waar Michael Durant as die algehele wenner uit die stryd getree het.
Die deelnemers kon kies of hulle vir die stablefordkompetisie wou inskryf of eerder in die medaljereeks wou speel. Agt van die 39 spelers het aan die stableford deelgeneem terwyl 31 in die medaljereeks afgeslaan het. Vyf vroue het ook die wit balletjie gejaag, maar ongelukkig het geen junior ingeskryf nie.
Die medaljereeks word gebruik om die klub se medaljekampioen te bepaal, terwyl beide kompetisies ingespan word om die spanne te bepaal wat aan die Toernooi van Kampioene spankompetisie gaan deelneem.
Die Buiteklub-gholfkomitee bedank Windhoek Lager hartlik vir sy volgehoue ondersteuning om die kompetisie moontlik te maak.
Beuke & Associates is die nuwe borg vir die weeklikse gelukstrekking.
Die uitslae:
Algehele wenner: Michael Durant 77.
A-afdeling: 1 Wessel Louw 78, 2 Jan van Wyk 82, 3 George Vink 81.
B-afdeling: 1 Johannes Goagoseb 80, 2 Hylton Villet 87, 3 Cor Beuke 91.
C-afdeling: 1 Ishpal Gill 100, 2 Mike van Vuuren 95, 3 JP Visser 97.
Vroue: 1 Loide Ngenokesho 93, 2 Suené du Plooy, 3 Natasja Louw 108.
Stableford: 1 Aldo Beukes 89 (33), 2 Gerhard van Rooyen 95 (30), 3 Inklous Suze 92 (30).
Wenners van pryse vir die houe naaste aan die pen: Putjie 3 Melt van Schoor, putjie 9 Paul Grobler, putjies 13 en 17 Wessel Louw.
Op 18 Mei word die WGCC se tweede ronde van die 2019 Dulux-reeks aangebied.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie