Dundee samel geld vir Tsumeb in
Gholf
Dundee Precious Metals het onlangs ’n gholfdag by die Tsumeb gholfbaan aangebied met pret as een van die twee groot doelwitte.
Die ander mikpunt was geldinsameling vir die Tsumeb gemeenskapstrust.
Spelers uit elke uithoek van die land het meegeding, insluitend ’n paar uit Suid-Afrika. Dertig spanne was ingeskryf en het meegeding vir ’n gesigte wisseltrofee wat deur die Crossroads-span ingepalm is.
’n Totaal van N$175 500 is ingesamel en sal gebruik word vir projekte ter opheffing van die gemeenskap.
Die Tsumeb gemeenskapstrust is deur Dundee Precious Metals Tsumeb op die been gebring om die regering se pogings plaaslik te ondersteun om armoede uit te wis.
Dundee se visepresident en besturende direkteur, Zebra Kasete, het sy dank uitgespreek teenoor elke rolspeler wat tot die sukses van die gholfdag bygedra het.
Die adjunkminister van staatsondernemings en voormalige burgemeester van Tsumeb, mnr. Engel Nawatiseb, en die huidige burgemeester mnr. Veueza Kasiringua was ook teenwoordig.
Nawatiseb het die myngroep geloof vir die unieke byeenkoms wat in die gees van Harambee verskillende rolspelers byeen bring om saam in die rigting van nasieskap en ontwikkeling te werk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie