Duitsland: Namibië se FSC-houtskool ‘die beste’
Navorsers verbonde aan FSC se takke in Duitsland en Suider-Afrika het verslag uitgereik ná ‘n ondersoek ter plaatse in Namibië gedoen is.
Elvira Hattingh – Namibië se FSC-gesertifiseerde houtskool is van die beste ter wêreld omdat dit sosiale ontwikkeling meebring en die ekologiese waarde van woude verbeter.
Dit, terwyl dit op die koop toe volhoubaar geproduseer word.
Dit is die slotsom waartoe navorsers verbonde aan die Forest Stewardship Council (FSC) se takke in Duitsland en Suider-Afrika, asook nog organisasies in Namibië gekom het.
Hulle sê verder sover dit Duitsland betref, is Namibië waarskynlik die beste land om mee handel te dryf as dit by houtskool kom, solank die houtskool FSC-gesertifiseer is. So is daar groter sekerheid van sosiaal regverdige en ekologies sinvolle produksie.
FSC Duitsland het dié nuus op 12 Augustus in die vorm van ’n mediaverklaring uitgereik.
Die navorsers het vyf kort dokumentêre rolprente asook ’n navorsingsartikel ná hul studie gemaak, wat die situasie in Namibië verduidelik en die voordele van FSC-gesertifiseerde houtskool vir beide Namibiërs en die omgewing uitwys.
Ondersoek is ook ingestel oor hoe ‘groen’ dit is as houtskool vanaf die suidweste van Afrika na Duitsland vervoer word. Daar is bepaal dit is steeds ’n ‘groener’ opsie as om houtskool vanaf die ooste van Europa per vragmotor na Duitsland te vervoer.
Die FSC-span het ook Namibiese plase sonder FSC-sertifisering besoek om vas te stel of daar ’n groot verskil is.
Die hoof van die navorsingspan van FSC Duitsland, mnr. Lars Hoffmann, sê egter dié besoek het hom “depressief laat voel” omdat families onder swart plastieksakke gewoon het, nie toegang tot water het nie en vir weke lank nie enige betalings ontvang nie. Terselfdertyd was daar ook nie beheer oor watter bosse of bome geoes kon word en watter nie.
“Dit was duidelik: FSC maak eenvoudig die nodige verskil.”
Namibië se FSC-gesertifiseerde houtskool is oraloor Duitsland te koop, soos byvoorbeeld by die kettingwinkelgroep ALDI, asook by HOFER in Oostenryk.
Plaaslike houtskoolprodusente word deur die bedryf aangemoedig om hulle by FSC te sertifiseer – ’n voorvereiste vir houtskooluitvoere wat verseker die regte standaarde en etiese praktyke vir houtskoolproduksie word gevolg.
FSC is een van die wêreld se mees erkende organisasies wat onder meer seker maak dat woude volhoubaar benut word.
In FSC Duitsland se verklaring word gesê, benewens die voordele vir Namibië se omgewing, kan die herstel van natuurlike savannalandskappe aangehelp word deur die doelgerigte verwydering van meestal indringerbosse.
“Boonop beteken dit werkskepping onder landelike bevolkings, met 'n gereelde inkomste.“
“Die produk word ook in Namibië verpak, wat toegevoegde waarde oor die hele produksieketting beteken en wys houtskoolproduksie rus op al drie pilare van volhoubaarheid.“
“DHG Vertriebsgesellschaft in Kempen, wat hoofsaaklik FSC-gesertifiseerde houtskool vanaf Namibië na Duitsland uitvoer en Namibiese boere met FSC-sertifisering ondersteun, laat dit doelbewus in Namibië verpak.
“Dit beteken die toegevoegde waarde bly in die land en boonop is ons seker die houtskool kan nie vermeng word met dié van ’n ander oorsprong nie. Boonop is daar nie 'n hektaar woud vir hierdie steenkool skoongemaak nie en is die mense in Namibië bly oor elke doringbos wat afgekap kan word.”
Die dokumentêre prente wat oor die plaaslike houtskoolbedryf gemaak is, kan onder die volgende skakel besigtig word: www.youtube.com/playlist?list=PL_roaN1ZKhlpCwpgf5NDM0HSDNgc7EPhY. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie