Duitsland moet vergoeding vir volksmoord heroorweeg

Die regering sal gesprekke met Duitsland voortsit om vir hoër vergoeding te heronderhandel.
Augetto Graig
Augetto Graig

Die regering sal onderhandelinge met Duitsland oor die volksmoord van 1904-’08 hervat.

Dit ná debatte oor ’n gesamentlike konsepverklaring die parlement vir tien weke oorheers het.

Die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, het op 30 November in die parlement gesê die kommer dat Swapo sy meerderheidstem sou gebruik om die parlement te dwing om die verklaring te bekragtig, is ongegrond.

“Daar is geen voorneme om hierdie verklaring af te dwing nie. Swapo en die regering het van die begin af die volksmoord as 'n kwessie beskou wat nie verpolitiseer moet word nie, en een wat ons as Namibiërs as ’n eenheid moet hanteer. Dis om dié rede dat die huis die volksmoord-mosie van 2006 eenparig aanvaar het alhoewel Swapo 'n tweederdemeerderheid gehad het, en die mosie is deur die opposisie voorgestel,” het sy gesê.

Die minister van verdediging en veteranesake, mnr. Frans Kapofi, het die verklaring op 24 September aan die Nasionale Vergadering (NV) voorgelê, en hy het op 1 Desember Kuugongelwa-Amadhila se boodskap herhaal.

“Om enige twyfel uit te skakel, die gesamentlike verklaring is nie vir goedkeuring na die parlement gestuur nie. Dit was ’n proses van beraadslaging en deelname deur die regering om ’n geleentheid vir insette aan almal te bied. Soos die eerste minister op 30 November gesê het, sal die regering voortgaan om die gesprek met Duitsland voort te sit. Sou die partye uiteindelik ooreenstem en die gesamentlike verklaring voltooi, soos vereis deur artikel 63(2)(e) van die Grondwet, sal dit in hierdie huis vir bekragtiging gedebatteer word,” het hy gesê.

Beide het die vordering beklemtoon wat deur ’n onderhandelingsproses van vyf jaar gemaak is.

Volgens die verklaring sal Duitsland erken hulle het volksmoord in Namibië gepleeg, ’n soewereine verskoning daarvoor aanbied, en vergoeding betaal.

Kuugongelwa-Amadhila het gesê Duitsland het ook erken ’n groot aantal Damara- en San-gemeenskappe is uitgewis.

Die groot twispunt is die vergoedingsbedrag en hoe dit verdeel moet word. Kuugongelwa-Amadhila hou vol “die geld sal nie na die regering gaan nie, maar na ’n doelgerigde eenheid wat buite die regering op die been gebring sal word, en die geld sal uitsluitlik vir ooreengekome programme gebruik word”.

Nog ’n kwessie is betrokkenheid. Die eerste minister erken uit die Herero- en Nama-afstammelinge het slegs die Ovaherero/Ovambanderu- en Nama-rade afgevaardigdes na die tegniese komitee en die regering se onderhandelingspan gestuur.

“Die Ovaherero/Ovambanderu-volksmoordstigting en die Vereniging van Nama Tradisionele leiers se tegniese komitee het die uitnodiging om deel te neem van die hand gewys,” het sy gesê.

“Dit is betreurenswaardig dat alle belanghebbendes nie aan boord gekom het nie. Dit bly die wens van die regering dat alle geaffekteerde gemeenskappe betrokke is,” sê sy.

Mnr. Jan van Wyk, ’n parlementslid, het me. Moica Kashe probeer help om ’n versoekskrif aan die kantoor van die Speaker te oorhandig waarin gevra word dat die San-gemeenskap ook by die onderhandelingsproses betrek word.

Kashe het twee dae vanaf Tsintsabis gereis om die saak van die San-randgemeenskappe te kom bepleit. Ongelukkig was die polisie nie reg ingelig nie, en die geleentheid is tot volgende jaar uitgestel.

Van Wyk sê as dit nie vir die stryd van Sam Khubis was nie, sou die Rehoboth Baster-gemeenskap ook gedurende die Duitse oorlog teen inheemse Namibiërs aan die begin van die vorige eeu gesneuwel het.

Met die verkiesing van hul nuwe kaptein, mnr Jacky Britz, sal die amptelik onerkende tradisionele owerheid met Van Wyk se party, United People's Movement (UPM), probeer om die Damara ook te betrek.

“Ons sê al hierdie mense is aangeraak, en moet ingesluit word,” sê hy. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%