Duitsland hef alle toegangsbeperkings vir Namibiu00ebrs op
Duitsland hef alle toegangsbeperkings vir Namibiu00ebrs op

Duitsland hef alle toegangsbeperkings vir Namibiërs op

Ronelle Rademeyer
Die Duitse federale regering het alle Covid-19-toegangsbeperkings vir inwoners van Namibië opgehef.
Dit geld vanaf Dinsdag 2 November.
Volgens 'n verklaring wat deur die Duitse ambassade in Windhoek uitgereik is, kan Namibiërs nou weer sonder belemmering na Duitsland reis.
"Reise na Duitsland deur Namibiese inwoners word weer vanaf hierdie datum vir alle reisdoeleindes toegelaat," lui die aankondiging.
Van almal 12 jaar en ouer wat uit Namibië na Duitsland reis, word bewys van 'n negatiewe Covid-19-toets, 'n sertifikaat dat hulle van dié virussiekte herstel het, of bewys van inenting vereis.

Foto: Facebook/Frankfurt Airport

Kommentaar

Republikein 2025-05-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer