Duitsland en Namibië in derby
Sewesrugby
Des Erasmus
In die rekordboeke lê Namibië aansienlik laer af as die ontluikende Duitsland, maar die dag van afrekening kan tydens die Safland Sewes op 11 en 12 November op Swakopmund kom.
Die wedstryd gaan die derby van die Saflandtoernooi wees, sê Jurie Booysen, plaaslike organiseerder van die toernooi en afrigter van Namibië se sewesspan.
Voor die toernooi word Suid-Afrika, Amerika en Kenia as die gunstelinge bestempel, met van die buurlande soos Zambië en Zimbabwe wat ook na verwagting hul opwagting gaan maak.
Booysen sê die wedstryd tussen Duitsland en Namibië is die grote as gevolg van die historiese bande wat die twee lande bind. Swakopmund is ook die Namibiese dorp met persentasiegewys waarskynlik die meeste Duitssprekendes in die land. Die Namibiërs teiken ook die Duitsers op soek na die groter aansien wat dié land reeds op die gebied van sewesrugby geniet.
Die Duitse span kan ook op ''n taamlike groot ontvangs op Swakopmund verseker wees wanneer hulle hulle vir die Saflandtoernooi op kusdorp aanmeld. Toe hy hieroor gevra is, het Booysen gesê die besondere geesdrif vir die wedstryd sal waarskynlik ook tot ''n ontmoeting tussen hom en die Duitse ambassadeur in Windhoek lei.
Duitsland se grootste aanspraak is dat die span net-net uitgeskakel is in sy aanloop na die Olimpiese Spele. Namibië se aansien in sewesrugby het gestyg toe die span ''n uitnodiging na die Hongkong-sewes gekry het en ''n naaswenner in die kompetisie om die Afrika-beker was. Namibië is in die eindstryd deur Uganda uitgeskakel.
Volgens Booysen kan tot tien lande aan die Safland-toernooi deelneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie