Duitsland: Deur oop vir geding
Duitsland: Deur oop vir geding

Duitsland: Deur oop vir geding

Die regering sê hy wil die volksmoord-onderhandelinge met Duitsland langs diplomatieke weë besleg, ondanks miljoene vir internasionale regshulp.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Van die wêreld se briljantste regslui met ondervinding van internasionale hofsake oor menseregtevergrype in Rwanda, Sierra Leone, Kosovo en die voormalige Joego-Slawië, is N$36 miljoen betaal “vir regsadvies aan Namibië in sy onderhandelinge met Duitsland oor die volksmoord-kwessie”.

Die prokureur-generaal van Namibië, mnr. Sacky Shanghala, het in reaksie op navraag deur Republikein gesê vier van die voorste kenners van internasionale reg is saam met twee Namibiese advokate aangestel.

Hulle is senior advokaat Dexter Dias en advokate Cameron Miles, Richard Reynolds en Paul Clark van die Garden Court Advokatekamers in Londen, asook adv. Anna Uukelo, ’n Namibiër wat in Londen praktiseer en die Windhoekse advokaat, dr. Sacky Akweenda.

Reynolds, wat op die Menseregte-adviesraad oor Kosovo en die Internasionale Kriminele Tribunaal oor Rwanda gedien het, word as een van die briljanste regspraktisyns op die gebied van internasionale kriminele reg beskou.

Hy hou vol: “Dit was noodsaaklik vir die regering om in sy bilaterale onderhandelinge met Duitsland die beste internasionale regsadvies oor sekere komplekse en waterskeidingskwessies aangaande internasionale menseregte en internasionale openbare reg te bekom."

Hy erken die regspan van ses se aanstelling kos Namibië N$36 miljoen en dat hulle reeds maande lank daaraan werk, maar sprak egter geen sprook oor berigte deur die nuusagentskap AFP en die Namibiese dagblad The Namibian dat Namibië beplan om ’n skadevergoedingseis van US$30 miljard (N$390 miljard) teen Duitsland in te stel nie.

Volgens dié nuusagentskap het hy dokumente gesien waaruit dit blyk Namibië gaan moontlik die saak by die Internasionale Geregshof in Den Haag, Nederland, indien.

Namibië se visepresident, dr. Nickey Iyambo, het die berigte egter “as totaal ongegrond” afgemaak en in ’n verklaring gesê “dit is nie net vals nie, maar ook kwaadwillig”.

Hy het benadruk dat die Namibiese regering verbind is tot die diplomatieke onderhandelinge wat tans met Duitsland gevoer word en voortspruit uit ’n mosie wat deur die Nasionale Vergadering aanvaar is.

Iyambo sê ’n omvattende dokument waarin Namibië se standpunt oor kwessies aangaande “volksmoord, verskoning en herstelbetalings (reparasies)” uitgestippel word, is op 6 Julie verlede jaar aan Duitsland oorhandig.

“Ons vertrou dat die Duitse regering met erns hieraan aandag skenk en daarom het die Namibiese regering geen rede om hom in hierdie stadium na enige hof te wend nie,” sê Iyambo.

Geskiedkundige projek

Volgens Shanghala is dit belangrik dat die politieke onderhandelinge slaag, aangesien dit binne die internasionale reg as die “volle en finale beregtiging” beskou word. “Hierdie is ’n geskiedkundige projek. Dit sal onmoontlik wees sonder diepgaande, hoëvlak internasionale regsadvies,” sê hy.

Intussen het die eerste voorverhoor in die groepeis-saak wat deur verteenwoordigers van die Herero’s en Namas in die federale hof in New York teen Duitsland ingedien is, Vrydag plaasgevind.

Adv. Vekuii Rukoro, opperhoof van die Herero's, hoofman David Frederick, voorsitter van die Vereniging vir Tradisionele Nama-owerhede, en die Vereniging vir die Ovaherero-volksmoord, eis skadevergoeding van Duitsland en het die federale hof ook versoek dat hulle as verteenwoordigers in die onderhandelinge tussen Duitsland en Namibië ingesluit word.

Regter Laura Taylor Swain het die verhoor tot 21 Julie vanjaar uitgestel.

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.95 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.64 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.65 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 292.90/OZ UP +0.06% | Copper US$ 4.44/lb DOWN -0.0143 | Zinc US$ 2 910.40/T UP 1.25% | Brent Crude Oil US$ 84.05/BBP DOWN -0.0304 | Platinum US$ 945.13/OZ UP +1.11% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.95 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.64 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.65 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 292.90/OZ UP +0.06% | Copper US$ 4.44/lb DOWN -0.0143 | Zinc US$ 2 910.40/T UP 1.25% | Brent Crude Oil US$ 84.05/BBP DOWN -0.0304 | Platinum US$ 945.13/OZ UP +1.11%