Duitsland bekommerd oor sy bondgenote
Kommer oor die mate waarin Europese lande in die toekoms op Amerika kan staatmaak, is deur die Duitse kanselier uitgespreek.
Europa kan nie meer ten volle op sy bondgenote staatmaak nie, het Angela Merkel, kanselier van Duitsland, Sondag gesê.
Dit kom ná verlede week se vergadering van G7-lande en die Navo-beraad .
Hoewel sy nie direk na hom verwys het, nie was dit duidelik dat Merkel bekommerd is oor Donald Trump, president van Amerika, se optrede by die vergaderings.
Trump het belangrike Navo-bondgenote gekritiseer en geweier om ’n ooreenkoms oor klimaatsverandering te ondersteun omdat hy meer tyd nodig het.
“Ek kan net sê dat ons as Europeërs regtig ons lot in ons eie hande moet neem - natuurlik in samewerking met Amerika en Brittanje en as goeie bure waar dit moontlik is met ander lande, selfs Rusland,” sê Merkel.
Die G7-beraad in Italië het Trump teen die leiers van Duitsland, Frankryk, Brittanje, Italië, Kanada en Japan rakende verskeie kwessies geplaas, met Europese diplomate wat gefrustreerd was omdat hulle baie vrae moes hersien, wat hulle al as afgehandel beskou het.
Trump het teen die einde van die beraad ingestem om teen proteksionisme te veg.
Donald Tusk, hoof van die Europese Unie se raad, het Sondag gesê hy is meer optimisties as ná die Amerikaanse verkiesing in November nadat EU-leiers samesprekinge met Trump in Brussel gehou het.
“Waarvan ek absoluut seker is ná hierdie vergadering is dat ten spyte van sommige buitengewone opmerkings en optrede, is ons vennote in die G7 baie meer verantwoordelik as die eerste indruk ná die verkiesing in Amerika.”
Trump het Donderdag by die Navo-beraad weer uitgevaar oor lidlande wat nie genoeg bestee op verdediging nie. Hy het gewaarsku oor nóg aanvalle soos dié in Manchester tensy nie meer gedoen word om militante te keer nie.
Hy het ook nie prontuit gesê of hy, soos Navo-lidmaatskap bepaal, ander lidlande militêr te hulp sal snel as hulle aangeval word nie.
Merkel sien wel ’n sterk vennoot in Frankryk se nuwe president, Emmanuel Macron.
“Waar Duitsland kan help, sal Duitsland help, want Duitsland kan net goed vaar as dit goed gaan met Europa.”
Frankryk is Duitsland se tweede grootste handelsvennoot. Die presidensiële oorwinning wat Macron oor die verregse Marine Le Pen gehad het, het hoop gebring dat Duitsland en Frankryk bondgenote sal word. - Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie