Duitsers skenk aan Lu00fcderitz-skole
Duitsers skenk aan Lu00fcderitz-skole

Duitsers skenk aan Lüderitz-skole

Tanja Bause
Die Bocholt-rotariërklub van Duitsland het geld vir skole in Lüderitz ingesamel. Die projek, getiteld Kinders op Lüderitz, is ’n tweede keer deur die gemeenskap van Krechting in Duitsland ondersteun. Die ACE-skool en die Montessori-skool op Lüderitz het elk N$70 000 se onderrigmateriaal ontvang. Die Lüderitz-rotariërklub het die geld in ontvangs geneem en bestuur. Deur middel van dié skenking en samewerking tussen die verskillende Rotariërklubs word kleuterskole en skole op Lüderitz bevorder.

Kommentaar

Republikein 2025-08-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer