Duitsers in opmars na nóg 'n WB-titel

Die moontlikheid van verras­sings by die groot skouspel kan nooit onderskat word nie.
Louis de Villiers - Sokker is die planeet se gunstelingsport en sy Wêreldbekertoernooi die gewildste byeenkoms. Maar deesdae is die voorste klubs meestal beter as die beste nasionale spanne.

Sokkerkoppe weet egter dat die drama ewe swaar as die gehalte weeg en dit is waarom meer as 3 miljard mense die vorige toernooi gekyk het en meer as 'n miljard die 2014-eindstryd.

Spoiler Alert: die Duitsers het gewen.

En hulle moet sweerlik die groot gunsteling wees om dit weer te doen, en in die proses Brasilië se vyf segetogte te ewenaar en dalk om Thomas Müller die voorste doelskieter in Wêreld­beker-geskiedenis te maak.

Die meeste van vier jaar gelede se helde is terug – meestal nog nie 30 jaar oud nie.

Die einste Brasilië, met Neymar as talisman, staan die breedste in hul pad. Toe hulle mekaar in 2014 in Belo Horizonte in die halfeindronde gepak het, was Duitsland se oorwinning met 7-1 die mees traumatiese laagtepunt in die gasheer se sokkergeskiedenis.

Dat Brasilië in Maart met 1-0 baas was, hul enigste ontmoeting sedertdien, gee die Suid-Amerikaners hoop.

Brasilië is veel beter as destyds. Neymar, wat destyds beseer was, is fiks en het dié keer boonop hulp van sterre soos Gabriel Jesus en Philippe Coutinho.

Sleutelspelers soos Thiago Silva en Fernandinho het egter destyds in duie gestort toe dit saakgemaak het en is steeds sleutelspelers. Het vier jaar ruggraat met ervaring gebring?

Die 28-jarige Müller, met reeds tien Wêreldbeker-doele op sy kerfstok, kan enige verdediging oorhoops trek. Hy het nie eintlik 'n posisie nie en beskryf homself as 'n “ruimtevertolker” wat “iewers agter die ander span se middelveld speel”. Uitstekende spelers soos Toni Kroos maak dit moontlik.

Maar dit is waar Frankryk ter sprake kom. Die relatief onbesonge N'Golo Kante kan die netjiesste aanval op aarde opvreet. Daar is nie 'n “agter die middelveld” vir 'n span vir wie hy speel nie. Dié span is boonop een van die mees gebalanseerde spanne in die toernooi, fisiek en vol flair.

Frankryk se voorste linie van Kylian Mbappé, Antoine Griezmann en Ousmane Dembélé is potensieel onstuitbaar.

Balans is ook die sleutel vir Spanje en België, twee van die ander moontlike wenners. Spanje is dalk anderkant sy glorierykste jare, maar met vars bloed soos dié van Isco en Marco Asensio is dit dalk weldra weer sulke tyd.

België spog weer met name soos Thibaut Courtois, Jan Vertonghen, Kevin de Bruyne, Eden Hazard en Vincent Kompany (steeds onder die wolk van 'n liesbesering) – supersterre wat nog nooit 'n internasionale semifinaal kon haal nie.

Met die meeste Belge aan die regte kant van 30, is dit nie hul laaste kans om te wen nie. Dalk hul laaste kans om ernstig opgeneem te word.

En die sesde en laaste span met 'n wenkans? Dié is heeltemal ongebalanseerd. Vrot verdediging, middelmatige middelveld . . . maar dis Argentinië en Lionel Messi speel vir hulle.

Al is sokker nou ook die grootste en verreweg mees mededingende sport ter wêreld, is die elite-groep beswaarlik groter as dié van rugby.

• My voorspellings vir die kwarteindronde sluit sewe van die agt kampioene tot dusver in: Uruguay tn Frankryk; Brasilië tn België; Spanje tn Argentinië; Duitsland tn Engeland.

Kampioen: Duitsland.

Goue Stewel: Antoine Griezmann (Frankryk).



ONTHOU DIé KRAGMETINGS:

15 Junie: Spanje tn Portugal

Wat sokker betref, het dié Iberiese bure min ooghare vir mekaar en vir 'n verandering is dit Portugal wat met 'n titel by 'n groot toernooi opdaag ná sukses in die Europese toernooi twee jaar gelede.

Cristiano Ronaldo, superster, is wel twee jaar ouer, maar hy ryg nog die doele in op klubvlak.

Die verdediging agter hom boesem op hul oudag minder vertroue in. Spanje se Goue Geslag het grotendeels hul tôks opgehang, maar hul opvolgers bars van die belofte. Daar is oudergewoonte nie eintlik 'n wafferse doeljagter voor nie, maar dit is die enigste effense swak plek in hul geledere.

19 Junie: Rusland tn Egipte

'n Mens kan seker raai dat Saoedi-Arabië dié groep sal verloor en Uruguay dit sal wen – en wie die tweede kwalifiseerder is, hang daarvan af of Mohamed Salah betyds van die skouerbesering herstel wat hy in die eindstryd van die Kampioeneliga opgedoen het.

Speel Salah, sal Rusland waarskynlik die tweede gasheerland word wat nie na die uitkloprondes kon deurdring nie. Val Rusland vas, sal hul skollies stellig die onus op hulself neem.

21 Junie: Argentinië tn Kroasië

As Lionel Messi 'n ontydige spier verrek, krimp Argentinië se wenkans na neffens nul. Is hy op dreef, kan hy hulle heelpad laat gaan. Onder sy trawante voorlangs tel nóg ysters soos Sergio Aguero, maar agter die voorste linie is die wêreld woes en leeg vir die Suid-Amerikaners.

Kroasië is hul gladste piesangskil, hoewel dié span verlede week deur 'n korrupsieskandaal geskok is. Luka Modric, hul beste speler, is in die gedrang, maar hy en Ivan Rakitic kan die middelveld só beheer dat Messi-hulle niks het om mee te speel nie.

28 Junie: Engeland tn België

Engeland ruk op Rusland toe met 'n belowende span Premierliga-presteerders soos Harry Kane, Dele Alli en Raheem Sterling. Verwagtinge is nie hoog nie, maar dis een van dié land se beter onlangse spanne.

Helaas, selfs in die Premierliga gee die Belge Eden Hazard en Kevin de Bruyne die toon aan. Is dit die toernooi waar dié span uiteindelik sy potensiaal verwesenlik? – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 22.99 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.18 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.18 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 376.47/OZ DOWN -0.0065 | Copper US$ 4.85/lb DOWN -0.0102 | Zinc US$ 2 979.80/T DOWN -0.15% | Brent Crude Oil US$ 83.73/BBP UP +0.55% | Platinum US$ 1 061.21/OZ DOWN -0.0081 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.99 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.18 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.18 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 376.47/OZ DOWN -0.0065 | Copper US$ 4.85/lb DOWN -0.0102 | Zinc US$ 2 979.80/T DOWN -0.15% | Brent Crude Oil US$ 83.73/BBP UP +0.55% | Platinum US$ 1 061.21/OZ DOWN -0.0081