Duitse toeris jammer oor Etosha-foto
’n Antieke kunshandelaar van Duitsland is oor die kole gehaal omdat hy in ’n nasionale park uit sy voertuig geklim het.
Francoise Steynberg
Laat die leeu my kry!
’n Bekende Duitse antieke kunshandelaar, mnr. Fabian Kahl, het dalk gedink dit is oulik om dié woorde by 'n foto van hom op sosiale media te plaas waar in die Etosha Nasionale Park op ’n klip sit met die woorde “Stay in your car”, maar hy is erg oor die kole gehaal.
Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme is veral nie ingenome met Kahl wat in ’n nasionale park uit sy voertuig klim nie en waarsku dat stappe teen hom volgens die regulasies van die natuurbewaringsordonnansie gedoen sal word.
Kahl het die gewraakte foto wat hy tydens sy toer in Februarie in Namibië geneem het, verlede Donderdag (2 April) op sosiale media gelaai, waarna ’n storm losgebars het. Die volgende dag het hy om verskoning gevra.
“Ek het ’n bietjie te ver gegaan met my plasing gister en ek vra verskoning daarvoor,” het hy op sy Facebook-blad geskryf.
“Bly in jou kar beteken natuurlik bly in jou kar. My voertuig het reg langs my gestaan en ek het net ’n paar treë na die klip geneem. My ma het die foto uit die voertuig geneem,” verduidelik hy.
“As ’n fotograaf is die behoefte om goeie foto’s te neem net te groot en dan doen jy dinge voor jy dink. Namibië is 'n wonderlike land en jy kan die land ewe goed van binne jou voertuig geniet.”
Kahl, wat bekendheid op ’n Duitse TV-program “Bares for Rares” verwerf het, sê hy was nie ’n goeie rolmodel met hierdie foto nie, “maar dankie vir die harde, maar regverdige kritiek”.
Die ministerie is bekommerd oor mense wat parkreëls en -regulasies oortree en meen mense wat uit hul voertuie in nasionale parke klim, is besig om toe te neem.
“Hierdie gedrag word nie toegelaat nie.”
Die ministerie het na die identiteit van die oortreder gesoek en gesê daar sal teen hom opgetree word.
“Ons herinner al ons besoekers en personeel dat parkreëls te alle tye gehoorsaam moet word.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie