Duitse ster se unieke Kersalbum
Dit is nie vreemd dat ’n Kersliedjie die Guinness Book of World Records se gewildste enkelsnitverkoper ooit is nie.
Kersmusiek is universeel en slaag daarin om die dolle gejaag aan die einde van die jaar tot stilstand te dwing en mense te herinner aan wat regtig saak maak.
Vanjaar is die liedjie wat die Kersgees verteenwoordig die Duitse ster Helene Fischer se “Merry Christmas”, wat saam met die Royal Philharmonic-orkes opgeneem is.
Helene word as een van Europa se suksesvolste vermaaksterre beskou, met honderde toekennings op haar kerfstok.
Die ster het bekendheid verwerf as die Schlager-koningin en het begin naam maak ná haar eerste album in 2006 die lig gesien het.
Sedertdien het sy verskeie treffers in Duitsland, Oostenryk en Switserland gehad.
Farbenspiel, wat in 2013 vrygestel is, het een van die suksesvolste albums in Duitse geskiedenis geword en na nóg hoogtepunte in haar loopbaan gelei.
Hoewel Fischer as popster bekend is, wat gereeld skouspelagtige verhoogvertonings lewer, sal Merry Christmas aanhangers in vervoering hê.
Dit is oorspronklik in 2015 uitgereik en meer as 1,1 miljoen eenhede is binne die eerste vier weke verkoop ná dit vrygestel is.
Die album was ook in dié tyd Universal Music Germany se sesde beste verkoper vir die jaar.
Merry Christmas bevat 21 van die bekendste Kerstreffers ter wêreld.
Dít, saam met die Royal Philharmonic-orkes, en vervaardiger Alex Christensen se talent, het gelei tot ’n album met ’n feestelike, sielvolle klank.
Op die album speel Fischer en die Royal Philharmonic-orkes met verskillende style – van opgewekte weergawes van gewilde internasionale Kersliedere tot asemrowende verwerkings van klassieke gunstelinge soos “Stille Nag”, “Ave Maria”, “Little Drummer Boy” en vele meer.
Die nuwe CD sluit ongelooflike mooi duette in met groot name soos Frank Sinatra (“Have Yourself A Merry Little Christmas”) en Bing Crosby (“White Christmas”), asook Ricky Martin (“Last Christmas”) en Plácido Domingo (“What Child Is This”).
Merry Christmas is op iTunes en Amazon beskikbaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie