Duitse sentrum gesluit uit vrees vir aanval
Essen - Die polisie in die Duitse stad Essen het Saterdag gelas ’n winkelsentrum moet gesluit word nadat hulle inligting gekry het dat ’n terreuraanval daar gaan plaasvind.
Sowat ’n honderd polisiebeamptes het ’n wakende oog gehou en verhoed dat enigiemand die Limbecker Platz-winkelsentrum of die aangrensende parkeerterrein binnegaan.
Verskeie beamptes het die sentrum gefynkam om seker te maak dat alle skoonmakers wat al vroegoggend met hul werk begin het, na veiligheid gebring word.
“Ons is as die polisie die veiligheidsowerheid hier en het besluit om die sentrum te sluit,” het Christoph Wickhorst, ’n polisiewoordvoerder, gesê.
Ander veiligheidsagentskappe het volgens hom laat op Vrydag geloofwaardige inligting oor ’n verwagte aanval aan die polisie deurgegee.
Wickhorst wou geen verder inligting verskaf nie, omdat ’n ondersoek nog aan die gang is.
“Die ondersoek dui tans daarop dat die bedreiging slegs tot die winkelsentrum beperk is,” lui ’n verklaring wat later Saterdag deur die polisie uitgereik is.
Die Limbecker Platz-winkelsentrum is een van die grootste in Duitsland en het volgens sy webwerf meer as 200 winkels.
Drie mense is in 2016 beseer toe radikale Moslem-tieners wat in Duitsland gebore is, ’n Sikh-tempel in Essen aangeval het.
Duitsland is op ’n gereedheidsgrondslag ná aanvalle verlede jaar deur radikale Moslems in Frankryk en België.
Twaalf mense is in Desember in Berlyn dood toe ’n onsuksesvolle aansoeker om asiel uit Tunisië met ’n vragmotor deur ’n Kersmark gejaag het. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie