Duitse, Italiaanse besoekers het nie meer visums nodig
Inwoners van lande soos onder meer Duitsland, Frankryk, Italië, Hong Kong, Indië en Angola wat in Namibië wil kom vakansie hou, gaan nie meer visums nodig hê om die land te besoek nie. Dit volg op 'n kabinetsbesluit wat voorts bepaal die ministerie van binnelandse sake en immigrasie gaan ook as deel van ‘n loodsprojek visums aan die inwoners van sekere lande met hul aankoms by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe uitreik.
Houers van diplomatieke paspoorte, sowel as gewone paspoorte vir Jamaika is ook van visumvereistes vrygestel, sowel as diplomatieke en amptelike paspoorthouers van onder meer Burkina Faso, Demokratiese Republiek van die Kongo (DRC), Egipte, Madagskar, Oeganda en Ethiopië.
Die tweede fase van die implementering van die projek sal die grensposte by Ariamsvlei, Noordoewer, Oranjemund, Trans-Kalahari, Wenela en Oshikango asook die Walvisbaaise lughawe insluit.
Die visums wat by grensposte uitgereik word, kos N$1 000 elk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie