Duisende om kanker te beveg
Kaartjieverkope het die vereniging se begroting vir die jaarlikse nasionale kankeruitreikprogram 'n goeie hupstoot gegee.
Slice of Life, Raffle for Hope, 'n gesamentlike projek tussen die Kankervereniging van Namibië (CAN) en Gondwana Collection, het N$102 700 ingesamel om hoofsaaklik minderbevoorregte Namibiërs in landelike gebiede vir kanker te laat toets.
Kaartjies is die afgelope twee maande deur CAN en Gondwana-werknemers verkoop, terwyl PayToday/TicketsToday sedert September kaartjies aanlyn ten bate van die vereniging verkoop het.
'n Totaal van 1 027 kaartjies teen N$100 elk is verkoop en het kopers die geleentheid gebied om een van ses verblyfpakkette by enige Gondwana Collection-blyplek landswyd te wen.
Die waarde van elke pakket is N$7 700.
“Elke kaartjie wat verkoop is, stel CAN in staat om 'n Namibiese vrou vir bors- of servikale kanker, of 'n Namibiese man vir prostaat- of testikulêre kanker te toets,” sê mnr. Rolf Hansen, CAN se uitvoerende hoof.
Kaartjieverkope het die vereniging se begroting vir die jaarlikse nasionale kankeruitreikprogram 'n goeie hupstoot gegee.
Tydens die program besoek 'n mediese span al die streke minstens een keer per jaar vir bewusmaking van kanker, om opleiding aan kliniekpersoneel te verskaf, kankerpasiënte te besoek en inwoners vir kanker te laat toets.
Die uitreikprogram is 'n gesamentlike inisiatief tussen CAN en Gondwana Lodges as gasheer van die mediese spanne, terwyl die Bank Windhoek-kankerappelprojek 'n groot deel van die toets- en reiskostes dek.
Die program is in Augustus 2015 van stapel gestuur en tot dusver is meer as 34 000 Namibiërs vir kanker getoets.
Meer as 9 000 lewens is direk deur middel van diagnostiese toetse en verwysings geraak.
Die ses wenners is mee. Denise Coetzee en Sharlene Bergh, en mnre. Johan Viljoen, Wilipard Shoombe, Christie Horn en Paul Joubert.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie