Duisende minder toeriste besoek SA
Die totale aantal buitelandse toeriste het in Januarie vanjaar in vergelyking met dieselfde tyd verlede jaar met 4,8% gedaal.
William Horne – Buitelandse toeriste na Suid-Afrika het in die eerste maand van 2019 teenoor ’n jaar gelede met bykans 5% gedaal.
Die profiel van die toeriste wat die land besoek, is voortdurend besig om te verander en Chinese besoekers het wel met 22,4% toegeneem.
Statistieke Suid-Afrika (SSA) het Maandag die jongste toerismesyfers vir Januarie uitgereik en wys daarop dat die tradisionele oorheersing van Europese besoekers na Suid-Afrika gedaal het, terwyl daar slegs in ’n paar ander streke groei is.
Die totale aantal buitelandse toeriste het in Januarie vanjaar in vergelyking met dieselfde tyd verlede jaar met 4,8% van 244 657 tot 232 872 gedaal. Die Chinese toeriste het met meer as ’n vyfde tot 7 962 gestyg.
Dit was die grootste styging uit die drie lande – onder die tien bestemmings waaruit Suid-Afrika die meeste toeriste lok – waaruit die besoekers wel toegeneem het.
Die ander twee lande uit die top-tien waarvan die getal toeriste gestyg het, was die VSA en Australië. Dit het met onderskeidelik 3,2% en 1,2% gestyg.
Daar was die afgelope paar jaar groot kommer of Suid-Afrika se streng visumregulasies Chinese besoekers sou afskrik. Hulle moet reis na Beijing om vir hul visums aansoek te doen. Toeriste wat met die hulp van geakkrediteerde reisagentskappe van China na Suid-Afrika kom, sal wel binnekort hul visum met aankoms kan kry.
Tans besoek sowat 90 000 Chinese toeriste jaarliks Suid-Afrika. Teen 2030 wil Suid-Afrika tussen 1,8 miljoen en 2 miljoen Chinese toeriste per jaar lok.
Nagenoeg 71% van die oorsese toeriste kom uit die top-tien-lande.
Streekgewys kom 65,2% van dié toeriste uit Europa, 12,9% uit Noord-Amerika, 10,9% uit Asië, 5,1% uit Suid-Amerika, 4,2% uit Australasië en 1,5% uit die Midde-Ooste.
Brittanje bly die land waaruit Suid-Afrika die meeste besoekers kry (20%), gevolg deur Duitsland (13,5%) en die VSA (10,4%).
Die top-tien is:
· Brittanje: 46 633 (20%)
· Duitsland: 31 501 (13,5%)
· VSA: 24 193 (10,4%)
· Frankryk: 13 595 (5,8%)
· Nederland: 12 888 (5,5%)
· Australië: 8 980 (3,9%)
· China: 7 962 (3,4%)
· Indië: 6 900 (3%)
· Brasilië: 6 523 (2,8%)
· Swede: 6 128 (2,6%)
Toeriste uit Afrika het hoofsaaklik (98,3%) gekom uit buurlande wat lid van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap is.
Toerisme uit Afrika het in geheel met 3% op ’n jaargrondslag toegeneem. Die grootste groei was uit Tanzanië, wat met 7,3% gegroei het.
SSA se verslag wys ook dat 97% van alle toeriste wat die land gedurende Januarie besoek het, was vakansiegangers en het nie die land vir studie-, mediese of sakedoeleindes besoek nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie