Duisende Mercs in Europa herroep
Die Duitse minister van vervoer het beveel die motors moet 'onmiddellik weens onwettige afsluittoestelle' herroep word.
Daimler, wat Mercedes-Benz motors vervaardig, moet 774 000 voertuie in Duitsland herroep.
Daimler word daarvan beskuldig dat hy onwettige toestelle wat uitlaatgasse meet in enjins gebruik, maar nié boetes daarvoor betaal nie.
Dieter Zetsche, uitvoerende hoof van Daimler en Andreas Scheuer, die Duitse minister van vervoer, het Maandag vergader om dié kwessie te bespreek.
Scheuer het beveel die motors moet “onmiddellik weens onwettige afsluittoestelle” herroep word.
Daimler sal sagteware wat in Vito-bussies, die GLC sportnutsvoertuig en die C-klas sedan gebruik word bywerk.
Die maatskappy het herhaaldelik gesê hy is nie by enige kullery soos wat die geval by Volkswagen (VW) was met sy dieselenjins, betrokke nie.
“Ons sien geen bewyse dat Daimler opsetlik sagteware ontwikkel het om te kul wanneer dit by toetse van uitlaatgasse kom nie,” sê Arndt Ellinghorst, ontleder by Evercore ISI in Londen.
Hy reken dit gaan Daimler minder as €100 miljoen kos om die fout reg te stel.
“Boetes is nie 'n opsie nie met dié dat die voertuie herroep word.”
Hoewel dit 'n terugslag is vir die maatskappy wat deurgaans daarop aangedring het sy enjins skoon is, bespaar dit hom duur boetes sou hy hardeware moes vervang.
Die Duitse regering het die afgelope weke druk op Daimler geplaas weens die maatskappy se teleurstellende reaksie op kommer oor oormatige besoedeling deur sy dieselvoertuie.
VW wat erken het hy het beamptes met toetse gekul, gaan boetes van ongeveer €26 miljard moet betaal, terwyl Daimler deurgaans ontken hy enigiets verkeerd gedoen het.
Sagteware
Die Duitse koerant, Bild am Sonntag, berig Sondag die Duitse motorreguleerder KBA het vyf ongeoorloofde sagtewarefunksies in Daimler se Euro 6-dieselenjins gevind.
Die koerant berig sowat een miljoen voertuie in Duitsland gebruik dié sagteware.
Die KBA het Daimler in Mei beveel om wêreldwyd 4 923 Vito-bussies wat nie aan regulasies voldoen nie, te herroep.
Daimler het tóé gesê hy sal hof toe gaan indien nodig om dié bevel om te keer, en oorweeg dit steeds om teen die uitspraak te appelleer.
Die maatskappy het vrywillig verlede jaar sowat 3 miljoen voertuie in die Europese Unie herroep om net soos VW en BMW sagteware wat prestasie met betrekking tot uitlaatgasse verbeter, by te werk.
– Netwerk24/Bloomberg, verwerk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie