Duisende betaal nie onderhoud
Duisende betaal nie onderhoud

Duisende betaal nie onderhoud

Die blatante versuim om onderhoud te betaal, dui op ‘n behoefte om bewustheid te skep van ouers se gesamentlike verpligting om finansiële én emosionele verantwoordelikheid vir hul kinders te neem.
Jana Smith
Jana-Mari Smith – Bykans die helfte van alle onderhoudsake in Namibië se 33 landdroshowe behels gevalle waar ouers, meestal pa’s, versuim het om in opdrag van die hof onderhoud vir hul kinders te betaal.

‘n Opsomming wat die kantoor van die regbank aan Republikein se susterkoerant Namibian Sun verskaf het, toon uit die 31 104 aktiewe onderhoudsake wat tans voor 33 van Namibië se landdroshowe voorkom, behels 15 097 daarvan sake waarin onderhoud nié betaal is nie.

Volgens ‘n opname deur die Regshulpsentrum (LAC) in 2013 word howe jaarliks net verder met nuwe onderhoudsake belas buiten dié wat reeds oorstaan.

“Gemiddeld dien iemand elke 30 minute tydens werksure ‘n klagte oor onderhoud in Namibië in. Tussen 4 000 en 5 000 klagtes word jaarliks by onderhoudshowe ingedien,” sê me. Yolande Engelbrecht, LAC-navorser.

Volgens Engelbrecht lei ’n skrale twee derdes van onderhoudsklagtes tot ‘n hofbevel.

Sy het die hoë voorkoms van die wanbetaling van onderhoud as “duidelik problematies” beskryf, en sê strenger betalingsmeganismes moet geïmplementeer word.

“Die syfers wys pa’s gaan voort om hul plig te versuim om ‘n regmatige deel van onderhoud te betaal. Dit dui op die nodigheid om bewustheid onder die jonger geslag te skep oor die plig van beide ouers om finansiële sowel as emosionele verantwoordelikheid vir hul kinders te aanvaar,” sê sy.

Die onderhoudswet stel enkelouers in staat om agterstallige betalings aan te meld 10 dae ná die datum waarop die betaling moes plaasvind.

‘n Aantal opsies is beskikbaar om wanbetaling aan te spreek.

Dit sluit in ’n dagvaarding, die beslaglegging op lone of salarisse, of ‘n bevel vir skuldbeslag.

Engelbrecht sê die LAC lig kliënte gewoonlik in wanneer hulle vir onderhoud aansoek doen dat hulle vir ‘n beslagleggingsbevel moet vra wat voorsiening maak vir direkte aftrekkings van die respondent se salaris om wanbetaling te help voorkom.

Die hof kan ook strafregtelike stappe doen, hoewel dit volgens Engelbrecht gewoonlik ‘n sekondêre opsie is.

Die versuim om onderhoud te betaal, is ‘n oortreding wat met ‘n boete van tot N$4 000 of tronkstraf van tot 12 maande gestraf kan word.

Onderhoudsake is tans hoog op die regstelsel se agenda.

Volgens ‘n onlangse skrywe deur die kantoor van die regbank, wat op die onderhoudkwessie gefokus het, is dit ‘n “hartseer werklikheid dat sommige mans nie vrywilliglik onderhoud betaal nie en gewoonlik deur ‘n hofbevel gedwing moet word om iets te doen wat natuurlik moet gebeur”.

Volgens dié skrywe is ‘n verantwoordelike man iemand wat uit sy eie in ‘n kind belê omdat hy vir die kind omgee en omdat hy weet hy speel ‘n rol in die sukses van sy kind se lewe”.

Dit lui voorts dit is “teleurstellend” vir kinders om groot te word met die besef dat ‘n ouer weier om ‘n bydrae tot hul opvoeding te maak.

Die handhawing van kinderondersteuning speel 'n sleutelrol in die gehalte van 'n kind se lewe.

“Dit kan bepaal of ‘n kind brood het om te eet, warm klere, of hy remediërende klasse bywoon wat help met prestasie, of iets so eenvoudig soos of die kind toegang tot ‘n warm bad in die winter het,” sê die skrywe.

Ook sê die skrywe ondersteuning en onderhoud het ook gevolge vir die breër gemeenskap.

“Net so belangrik is dat dit armoede onder geslagte verminder. Baie kinders uit enkelouerhuishoudings kan nie gaan studeer nie, omdat daar nie geld is nie. Word onderhoud egter betaal en daar is ondersteuning, kan die enkelouer in die opvoedkundige, mediese en basiese behoeftes van die kind voorsien.”

Die skrywe haal ‘n verklaring deur mnr. Albert Kawana, ’n voormalige minister van justisie en huidige prokureur-generaal, tydens ‘n parlementêre debat oor onderhoud aan.

Dit lui: “Ek is bewus daarvan dat sommige ouers meer waarde aan alkohol as aan hul kinders heg. Wat is fout met die samelewing?”

Die skrywe takel ook die spanning wat ontstaan in die gange van geregtigheid weens die amptelike onderhoudsproses en sê die onderhoudswet se hooffokus is om die regte van kinders te versterk om finansieel deur albei ouers onderhou te word.

“Eenvoudig gestel bly die beste belange van die kind die prioriteit. Dit is ‘n beginsel wat soos ‘n goue draad deur wetgewing en regsdispute loop wat die welsyn van kinders raak.”

Kommentaar

Republikein 2024-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.85 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.44 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 364.48/OZ UP +0.76% | Copper US$ 4.60/lb UP +0.84% | Zinc US$ 2 944.40/T UP 0.87% | Brent Crude Oil US$ 84.06/BBP DOWN -0.0071 | Platinum US$ 993.81/OZ UP +0.86% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.85 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.44 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 364.48/OZ UP +0.76% | Copper US$ 4.60/lb UP +0.84% | Zinc US$ 2 944.40/T UP 0.87% | Brent Crude Oil US$ 84.06/BBP DOWN -0.0071 | Platinum US$ 993.81/OZ UP +0.86%