Duisende aangesê om huise te verlaat
Australië
Owerhede in Australië het gister opdrag gegee dat groot dele van Queensland, waar sikloon Debbie tot swaar reën en vloede gelei het, ontruim moet word.
Sikloon Debbie, wat Dinsdag as 'n kategorie vier-storm in die noorde van die tropiese Queensland aan land gekom het, het toeristeoorde in puin gelê, kraglyne laat omval, suikerrietplantasies platgevee en steenkoolmyne laat sluit.
Stortreën het gister reddingspogings in die noordooste van Australië in die wiele gery waar toeriste van oorde op eilande na veiligheid gebring moes word.
Die sikloon is afgegradeer na 'n lae tropiese storm, maar terwyl dit suidoos beweeg, bring dit steeds verwoestende swaar reën mee. Meteoroloë sê dorpe aan Queensland se Sunshine- en Gold Coast-gebiede het 'n maand se reën binne 'n dag gekry.– Nampa/AFP/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie