Duine maak oorsese ruiters pootuit
Perdesport
Al die oorsese ruiters het dit as die strafste uitdaging van hul loopbaan beskryf, toe die 21ste internasionale Afrika-kampioenskap uithouritbyeenkoms op Walvisbaai onlangs onder die vaandel van die Namibiese Uithouritvereniging (NERA) en die wêreldbeheerliggaam die FEI aangebied is.
'n Totaal van 115 ruiters het in die twee afdelings meegeding, naamlik die 122 kilometer tweester FEI-rit asook die 90 km internasionale uithouritkampioenskap.
Die persentasie was 77.4% van ruiters wat hul onderskeie afstande klaargemaak het.
Daar was een onttrekking, vyf wat halfpad tou opgegooi het en 20 wat deur veearts-inspeksies op hul perde se toestand uitgeskakel is.
'n Gesoute ruiter soos Camille Champagne van Australië, wat elfde plek van die standaardgewigruiters klaargemaak het, het agterna gesê die 2017 Afrika-kampioenskap was verreweg die taaiste byeenkoms van haar loopbaan. Dit sê baie, komende van iemand wat al topagt posisies in van die wêreld se taaiste uithouritte in Mongolië en Australië behaal het.
Champagne se standpunt is beaam deur besoekende deelnemers soos Uruguay se drietal Luis Puig, Pilar Saravia en Paulina Berriel; Margot Chazel van Frankryk, Nicole Walters van Duitsland en die Amerikaner Christoph Schork.
Uit Suid-Afrika het verskeie ruiters ook as individue ingeskryf.
Die weer was perfek met 'n koelerige seebries wat temperature die hele dag afgebring het. In die eerste twee skofte (uit vyf) moes die ruiters by mistige weer aanpas, terwyl die dik sandduine deurgaans 'n werklikheid vir die ruiters was.
Die beroemde Duin 7 het vir vele deelnemers sy tol geëis.
Die laaste twee skofte het omtrent twaalf kleinerige duine bevat en heelwat ruiters moes ente stap, of hul beste vaardighede uithaal om hul perde positief te hou.
Die vyf skofte se afstande was 32 kilometer (see), 30 km (woestyn), 28 km (Duin Sewe), 16 km (duine suidelike roete antikloksgewys) en 16 km (duine suidelike roete kloksgewys).
As hoofborg die afgelope jare het FNB Namibië sy betrokkenheid vir die volgende drie jaar bevestig.
Die voorste uitslae was soos volg:
122 km swaargewig: 1 Carel Bosch op Hurst Rusty. Albie 2 Smith op Diesel (bes gekondisioneerde perd). 3 Ronelle Greeff op Daybreak Badawie.
122 km geen gewig / liggewig: 1 Justus Afrikaner op Wiejandie Kaily (bes gekondisioneerde perd). 2 Collen Tjandja op Kalharabi Nikita. 3 Shannon Parker op Kitima Najah.
122 km standaardgewig: 1 Engela Louwrens op Wiejandie Parmant (bes gekondisioneerde perd en algehele vinnigste tyd oor die afstand). 2 Reni van der Merwe op Gulilah Nahgaliet. 3 David Lebe op Duneside Mission.
122 km jong ruiters: 1 Berriel Paulina op Atashi Jebel. 2 Bianca Jacobs op Amaal (bes gekondisioneerde perd). 3 Liezle du Plessis op Hurst Nezma.
122 km kinderruiters: 1 Caila Potgieter op Hurst Saigon. 2 Ariane Neumann op Barakah Montasar (bes gekondisioneerde perd). 3 Megan Viljoen op Zabubega Maarouf.
90.2 km swaargewig: 1 Raymond Schierschmidt op Izzat Kaizer.
90.2 km geen gewig / liggewig: 1 Jessica Mostert op Hurst Mashar. 2 Colin Makondo op Dmd Shaden. 3 Josuf Afrikaaner op Asante Jasmeer.
90.2 km jong ruiters: 1 Christiaan Perold op Hurst Rahim. 2 Leana Kotze op Atashi Kalifa.
90.2 km senior ruiters: 1 Gero Knupp op Atashi Jafar. 2 Heidi Skrypzeck op Skai Hulu Mayya. 3 Rene Knupp op Que Pasa Sarmadee
90.2 km kinderruiters: 1 Lente Schutte op Wiejandie Lance. 2 Carmen Derks op Kalharabi Cd El-Arab.
59.1 km geen gewig/liggewig: 1 Babette Herder op El Shakir Wakir.
59.1 km senior ruiters: 1 Mariska Grobbelaar op Asanib Jamaal. 2 Riaan Eiseb op El Sham Brahim.
43.9 km jong ruiters: 1 Ayanda Nel op Hurst Shadii.
43.9 km senior ruiters: 1 Thomas Gaoses op Hurst Bella-Mia.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie