Duidelikheid nodig oor waterbeperkings
JURIE VILJOEN SKRYF:
Dit was met blydskap dat ons in die Republikein gelees het dat die munisipaliteit waterbeperkings gaan verslap.
Enersyds is ’n mens dankbaar, maar andersyds bekommerd oor die implikasies van die besluit. Nadat ek die berig deurgelees het, het ek agtergekom dat dit ’n “holistiese” benadering is en maklik tot misbruik kan lei.
Baie huiseienaars in Windhoek het letterlik duisende dollar bestee om stroke “kunsgras” aan te bring, want almal het aanvaar dat ernstige waterbesparing gekom het om te bly.
Ek het beslis niks wys geword van hoe die maatreëls in die praktyk gaan werk nie. Ek moet vyf persent minder water gebruik, wat in orde is.
Die vraag is: Mag ek steeds nie my motor met ‘n tuinslang was of die tuin met ‘n tuinslang nat spuit nie? Ons het ons stortwater opgevang en gebruik om byvoorbeeld die toilet te spoel.
Ons sal dit waardeer in die stadsvaders meer duidelikheid kan verskaf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie