Dubbele moord ruk Arandis

Mans koelbloedig afgemaai

16 April 2019 | Misdaad
Denver Kisting – Die dogter van een van gister se slagoffers van die Arandisslagting, me. Bianca Hellwig, het net ná 07:00 op haar pa, Heimo (60), se lyk afgekom.

Sy is ook ’n werknemer by die Arandiskampus van die Namibië Instituut van Mynbou en Tegnologie (Nimt) waar haar pa die adjunkdirekteur was. Dit is sowat 60 km oos van Swakopmund,

Mnr. Heimo Hellwig en die uitvoerende direkteur van Nimt, mnr. Eckhart Mueller (72), het tussen 06:30 en 07:00 in ’n koeëlreën gesterf.

Ooggetuies was dit gister eens die moordenaar(s) was skynbaar op ’n besliste doodsending. “Ja, dis nie mooi nie,” het ’n ooggetuie en senior werknemer by Nimt gisteroggend by navraag die moordtoneel beskryf.

Dié man, wie se naam weens veiligheidsredes verswyg word, het omstreeks 07:15 op die kampus aangekom.

Hy sê hy het ’n bietjie later by die werk aangekom omdat hy op pad soontoe pakkies moes optel.

Volgens hom was die polisie reeds op die toneel waar die twee mans koelbloedig afgemaai is.

Dié ooggetuie sê: “Dit het gegaan oor om hulle uit te haal.”

’n Ander bron het gistermiddag hieroor gesê: “Die moorde is baie professioneel uitgevoer.”

Nimt was die laaste ruk pal in die nuus – dikwels om verkeerde redes.

Die bestuur onder leiding van Mueller het onlangs ’n mosie van wantroue in die raad gestel.

Nuus oor moontlike afleggings was ook deurgaans op die voorgrond.

Adj.komm. Erastus Iikuyu, die koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, sê die polisie was nog laat gistermiddag op die toneel besig om die raaisel te probeer ontrafel.

Iikuyu het ’n beroep op die publiek gedoen om die polisie te help om die moorde op te los.

Ondanks wye bespiegeling is die motief vir die moorde steeds onbekend.

Die senior werknemer het gisteroggend gesê: “’n Ou het mos maar waaraan jy dink.”

NOODLOT KASTY MUELLERS

Mueller se seun, die Windhoekse prokureur mnr. Richard Mueller, sê sy pa het net Sondag uit Kaapstad van sy suster, me. Gudrun Kitshoff, se begrafnis af teruggekeer.

Sy is verlede Maandag oorlede.

Boonop is Mueller se vrou, me. Gudrun Mueller, drie maande gelede ook dood, sê Richard.

Adj.komm. Edwin Kanguatjivi, die nasionale polisiewoordvoerder, sê agt leë patroondoppies is op die toneel gevind. Volgens hom is ’n 9 mm-wapen vir die moorde gebruik.

MUELLER SE DOOD ‘GROOT VERLIES’

Dr. Alfred van Kent, die uitvoerende direkteur van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, het gistermiddag gesê: “Dit is vir ons almal ’n skok. Kyk, daar was baie klagtes, maar dít het ons nie verwag nie.”

Hy het gesê Mueller het ’n groot bydrae gemaak tot tegniese opleiding in die land. “Dit is ’n groot verlies.”

Van Kent het gister ’n afvaardiging na Arandis gelei om hulle te vergewis van wat gebeur het en om ondersteuning te bied.

Werknemers en studente van Nimt is gister vir die dag huis toe gestuur.

Teen gistermiddag is niemand nog in hegtenis geneem nie. Die polisieondersoek duur voort, het Kanguatjivi gesê.

Soortgelyk

 

Uis-aanvaller Charles Namiseb kry 63 jaar

1 uur gelede | Howe

Die eens voortvlugtende Charles Namiseb, wat saam met ‘n makker tereg gestaan het vir die gewelddadige gewapende rooftog op ’n bejaarde egpaar van Uis op...

Padgebruik al duurder

7 ure gelede | Vervoer

Die Padfondsadministrasie (RFA) het ’n 4,3%-verhoging op padgebruik aangekondig, wat van 1 Mei af geld. Dit beteken tariewe by grensposte verhoog, asook tariewe op voertuie...

Padgebruik al duurder

7 ure gelede | Vervoer

Die Padfondsadministrasie (RFA) het ’n 4,3%-verhoging op padgebruik aangekondig, wat van 1 Mei af geld. Dit beteken tariewe by grensposte verhoog, asook tariewe op voertuie...

Gesondheid: Advertensie vals

8 ure gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) sê 'n inligting wat op sosiale media sirkuleer oor opleidingsgeleenthede by die ministerie is vals. Die vals...

'n Seder val in Swapo

18 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - Huldeblyke stroom sedert vroeg gisteroggend in die sosiale media in nadat dit bekend geword het Namibië se voormalige vise­president (2015 – 2018)...

Duitsland gee ou kruis terug

18 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Een van die belangrikste artefakte uit die glorieryke ontdekkersera van die Portugese seevaarders sal in Augustus deur die Duitse museum vir geskiedenis...

Weer vir 20 Mei 2019

18 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en winderige toestande word in die Suide verwag. Die nodige voor­sorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in...

Namport dank 86 werkers af

18 ure gelede | Plaaslik

Die Namibiese haweowerheid, Namport, het Vrydag aangekondig 86 werkers by die vraghouerterminaal by die Walvisbaaise hawe wat in Augustus aan 'n onwettige staking deelgeneem het,...

Speaker dring aan jeug moet by kiesproses betrek word

18 ure gelede | Politiek

Denver Kisting - Die speaker van die Nasio­nale Vergadering (NV), prof. Peter Katjavivi, sê die jeug moet by die verkiesings­proses betrek word.Die uitvoerende hoof van...