Dubbele dosis van skoner geslag het ambisie

23 February 2021 | Sport
Tielman van Lill



Eloise du Plooy en Susca Loftie-Eaton het Sondag in Windhoek geskiedenis gemaak toe hulle die eerste vroue geword het om as die twee skeidsregters in 'n ligawedstryd vir Krieket Namibië te staan.

Du Plooy en Loftie-Eaton was by die Affies-veld in beheer van die tweedeligabotsing wat Otjiwarongo met twee paaltjies teen Groenmambas 1 gewen het.

Beide vroue het hul vuurdoop met vlieënde vaandels geslaag.

Loftie-Eaton, wat by Samsung FNB Wanderers se laaste jaareindfunksie as telling­houer van die seisoen bekroon is en dus 'n deeglike begrip van die werking van krieket­wed­stryde het, vertel: “Hoewel ek al vier keer tevore saam met manlike skeids­reg­ters in 'n ­klubwedstryd ­opgetree het, was dit totaal en al 'n nuwe ­ervaring vir my. Dit was baie ­opwindend, maar soos met enige nuwe avontuur was ek maar erg op my senuwees!

“Ek wil graag nog lank as ­skeidsregter optree. Ek is nog jonk en het baie jare voor my om my merk te maak. Ek gaan probeer om elke naweek te staan en so veel as moont­lik te leer. My droom is om eendag in ­internasionale wedstryde vir mans én vroue op te tree en dalk selfs ICC-status te ontvang.”

Vir Du Plooy, met vier vorige wedstryde saam met 'n manlike skeidsregter agter die rug, was Sondag se uitstappie inderdaad 'n nuwigheid.

“Dit was 'n wonderlike geleentheid om saam met Susca te ervaar en ek sal dit graag in die toekoms weer doen. In geheel was dit 'n baie goeie wedstryd tussen die twee spanne.

“Iewers in die toekoms sal ek graag verder wil vorder met my skeidsregterskap, sodat ek eendag in internasionale wed­stryde kan optree,” het sy aan Republikein gesê.

[email protected]

Soortgelyk

 

Vrou woon in haar motor by hospitaal

6 ure gelede | Mense

Henriette Lamprecht – 'n Bejaarde vrou van die kus woon die afgelope week in haar motor in die parkeerterrein van 'n staatshospitaal in Windhoek om...

Toekoms van 77 Air Nam-vlieëniers onseker

6 ure gelede | Vervoer

Francoise Steynberg – Altesaam 77 vlieëniers van Air Namibia se toekoms is onseker. Boonop het bykans 75% van die redery se vlieëniers se lisensies verval...

Ses damme voller as 100%

6 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl altesaam sowat ses Namibiese damme tans 100% of meer water bevat, oorstroom die Zambezirivier sy walle, met water wat in die...

Weer vir 24 Februarie

6 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie word in Ohangwena, Oshikoto, Otjozondjupa en Omaheke verwag. BINNELAND: Sonnig en warm in die Suide en Weste, andersins gedeeltelik bewolk en baie...

'Swak bestuur rede vir Meatco se krisis'

6 ure gelede | Byvoegsels

Ellanie Smit - Volgens ’n verslag wat aan die ministerie van staatsondernemings (SOE's) voorgelê is, staar Meatco likwidasie in die gesig indien hy nie kostes...

Hof kry Heritage Health voor stok

6 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die mediese fonds Heritage Health het 'n bloutjie in die hoërhof geloop nadat hy sy jaarlikse premies wou verhoog, maar dié stap...

'IEB in nuwe formaat is hier om te bly'

6 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Die nuwe leerplan vir skole in Namibië wat die Onafhanklike Eksamenraad (IEB)-stelsel volg, is vergelykbaar met die Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat (SSS)...

#Indigiwalk Namibia in die pyplyn

6 ure gelede |

Augetto Graig – Die pad na 'n beter wêreld is eensaam en lank en mnr. Craig (Q7) Beckett, 'n Suid-Afrikaanse Khoisan-jagter, geneser en menseregte-aktivis, sal...

‘Geen personeel betrokke by stropery’

6 ure gelede | Ministeries

Francoise Steynberg Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het bevestig dat geen van sy personeel by wildstropery betrokke was nie en stropery het...