Du Plooy kan sy stempel afdruk
Triathlon
Tielman van Lill – 'n Geskatte 180 deelnemers kan Sondag by die Oanobdam wes van Rehoboth in spanne of as individue aan die 2020 Rand Merchant Bank (RMB) veldtriathlon deelneem.
Dit is die 13de jaar wat OTB Sport die gewilde geleentheid daar aanbied. Hierdie byeenkoms moes reeds in April plaasgevind het, maar soos met alle sportkodes moes die aanbieding vir Covid-19 terugstaan. Die byeenkoms is Namibië se enigste erkende veldtriathlon.
Yvonne Brinkmann van die organiseerders OTB Sport sê vanjaar se fietsroete bied minder uitdagings, terwyl die drawwers 'n moeilike roete sal volg.
“Die fietsroete is verander wat moontlik makliker sal wees en nog mooier natuurtonele as tevore insluit. Die drawwers sal weer oor die damwal hardloop met rotse as hindernis om oor te klouter en 'n tweespoorpaadjie is ook deel van die roete,” het sy gesê.
“Die 18-jarige Divan du Plooy, nasionale senior Namibiese triathlonkampioen, sal Sondag as die gunsteling in die elite Enduro (17 tot 39 jaar) wegspring om eers 1.1 kilometer te swem, 26 km fiets te ry en met 'n 8 km drafsessie af te sluit.
“Verlede jaar het Jurgen Sander dié afdeling in 2 ure 37 minute 30 sekondes opgeraap, maar Du Plooy is tans op peil en sal weer soos laas naweek by die Tinman op Uis die krane oopdraai om sy talent ten toon te stel. Ongelukkig sal Sander nie teenwoordig wees om sy titel te verdedig nie.”
Benita Kasch, die land se huidige nasionale senior triathlonkoningin, het verlede April die Endurance-klas vir elite vroue in 2:45:54 gewen. Sondag is sy terug om haar titel as gunsteling te verdedig. Risa Dreyer wat die afgelope naweek by Uis gewenhet, sal ongelukkig nie daar wees om Kasch uit te daag nie.
By die veterane se Enduro sal Paul Brinkmann dalk Sondag met Greg Chase rekening moet hou as hy die titel syne wil maak. Chase het in 2019 die afdeling in 2:28:08 kafgedraf. Paddy Murphy sal as meestersatleet in die Enduro moontlik teen Frank Bombosch te staan kom wat in 2019 met 2:54:47 baas was.
SPRINT (600 m swem, 14 km
fietsry, 4 km draf)
By die o.16-afdeling kan die 12-jarige Nathan Chase sy hope talent ten toon stel. Hy word as 'n potensiële kampioen vir die toekoms gemerk. Mackenzie Spath het verlede jaar dié afdeling vir meisies in 2:23:45 gewen.
Nathan se jonger boetie, Micah, sal ook nie die kans laat verbyglip om in die mini-afdeling (330 m swem, 4.5 km fietsry, 2 km draf) te presteer nie. Nathan het in 2019 die mini-afdeling in 34:30 gewen en Maja Brinkmann die meisie-afdeling in 46:49.
Afdelings waaraan spanne en individuele atlete kan deelneem is die Mini (330 m swem, 4.5 km fietsry, 2 km draf, Sprint (600 m, 14 km, 4 km) en die strawwe Enduro (1.1 km, 26 km, 8 km) vir die elite atlete.
Die kompetisie begin Sondagoggend om seweuur. Inskrywings het reeds gesluit.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie