DTA: Swapo wis nie ongelykheid uit
Die amptelike opposisie het die regering skerp vir sy benadering tot werkskepping gekritiseer.
Die regstelling van strukturele wanbalanse in die Namibiese ekonomie en sosioëkonomiese vooruitgang en voorspoed vir alle Namibiërs kon nie deur Swapo reggestel word sedert die party 27 jaar gelede aan bewind gekom het nie.
Só sê die tesourier-generaal van die DTA, mnr. Nico Smit. Hy meen die rede vir dié mislukking is Swapo se benadering tot werkskepping.
“Volgens konvensionele wysheid behoort ‘n regering se rol in werkskepping beperk te wees tot die skepping en handhawing van ‘n wetlike en beleidsraamwerkomgewing wat bevorderlik is vir nuwe sakeondernemings om tot stand te kom en om regstreekse buitelandse beleggings te lok.
“Swapo het egter hardkoppig bly vasklou aan die oortuiging en praktyk dat die regering regstreeks by werkskepping betrokke moet wees deur die vergroting van die staatsdiens en die openbare infrastruktuur.
“Hierdeur het die Swapo-regering die verkeerde soort werkgeleenthede geskep. Deur die staatsdiens bloot as ‘n instrument vir werkskepping te gebruik, het hulle die aantal mense wat by onproduktiewe aktiwiteite betrokke is, vermeerder,” sê Smit.
Afgesien hiervan het die toename in die grootte van die staatsdiens meegebring dat minder bronne beskikbaar is om na elke staatsamptenaar om te sien.
Smit meen openbare infrastruktuurontwikkeling strek op die lange duur tot die ekonomie se voordeel. Dit is egter nie die ideaal vir beleggings en werkskepping nie.
“Dit is hoekom openbare infrastruktuurprojekte die verkeerde soort werkskepping meebring wanneer ‘n mens in ag neem dat ons probeer om die strukturele erflating van ongelykheid te oorkom.
“Openbare infrastruktuurontwikkeling skep werkgeleenthede. Ondervinding het gewys dat dit die geval in Namibië is. Dit is egter tydelik, vereis min vaardighede en betaal min,” sê Smit.
Om hierdie rede is hy van mening dat werkskepping van hierdie aard nie volhoubaar is nie, nie mense uit armoede sal ophef nie en niks doen om ongelykheid in Namibië die hoof te bied nie.
Hy sê ‘n ondoeltreffende staatsburokrasie en ‘n onseker beleidsomgewing is twee van die hoofredes wat aangevoer is deur die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) se Globale Mededingendheidsverslag (2017-2018) vir Namibië se afgradering.
“Ondanks die feit dat hierdie kwessies herhaaldelik in agtereenvolgende WEF-mededingendheidsverslae geïdentifiseer is, bly die Swapo-regering hardkoppig in sy weiering om só op te tree dat werkskepping deur die private sektor ondersteun en gefasiliteer word.
“’n Mens kan aanneem Swapo se optrede is gemotiveer deur die voorkeur van ‘n regering wat die primêre aandrywer van die ekonomie is en sodoende die Namibiese samelewing oorheers.
“Swapo se dominering van Namibië geniet duidelik voorkeur bo die sosioëkonomiese vooruitgang van Namibiërs,” sê Smit.
Hy sê dit word gesien in Swapo se inisiatiewe om armoede uit te wis, wat daarop gemik is om ‘n stelsel van afhanklikheid te verskans, eerder as om met programme en beleidsrigtings vorendag te kom wat Namibiërs met vaardighede en kundigheid toerus en maniere bevorder om selfversorgend te wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie