DTA sê nasionale staking gaan voort
Otis Finck op Walvisbaai
Die sekretaris-generaal van die DTA, mnr. Manuel Ngaringombe, sê die party is besig om die kwessie van die stakende vissermanne te hanteer.
Hierbenewens word ''n nasionale staking van werklose mense beplan, wat volgens hom beslis sal gebeur.
“Soos belowe, sal ons ''n nasionale staking van die werkloses organiseer. Die party sal hom te gelegener tyd oor die kwessie uitlaat. Dit is ''n baie sensitiewe staking en ons wil al die regte prosedures volg. Ons is besig om feite in te win oor wat in die visserybedryf gebeur het en raadpleeg alle belanghebbendes wat ook oor die werkloosheidskrisis in die land besorg is,” het hy gesê.
Die president van die DTA, mnr. McHenry Venaani, het Walvisbaai in September besoek en die stakende vissermanne toegespreek. Hy het ''n beroep op die regering gedoen om die dooie punt tussen vissermanne en hul onderskeie maatskappye te besleg wat reeds langer as ''n jaar sloer.
Hy het ook ''n 30-dae-ultimatum gestel en gedreig dat die party sal begin met die grootste, vreedsame protesoptrede deur werklose mense wat Namibië ooit gesien het, om die regering te dwing om op te tree.
Venaani sê werkloosheid is ''n krisis met meer as 30% van Namibiërs wat werkloos is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie