DTA sê lughawe is 'iets om oor skaam te wees'
Weens die begin van die reënseisoen moet baie toeriste wat op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako aankom, in die reën hardloop om die eindpuntgebou te bereik.
Dit is 'n bron van kommer vir mnr. McHenry Venaani, die president van die DTA. Hy sê busse behoort beskikbaar te wees om passasiers tussen die eindpuntgebou en vliegtuie te vervoer.
“Ons reken die huidige stand van sake is teenproduktief vir die verwelkoming van toeriste en om toerisme in Namibië te bevorder. Dit is iets om oor skaam te wees en skep nie 'n goeie eerste indruk van ons land vir buitelandse besoekers nie. Dit skep die indruk dat die land nie 'n gasvrye kultuur het nie,” sê Venaani.
Hy sê ook hy vind dit vreemd dat busse wat deur die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) gebruik is vir maande by die lughawe geparkeer is, maar dat geen enkele busdiens tussen die lughawe en die hoofstad bestaan nie.
“Ons nasionale ekonomie is swaar getref deur die resessie, en hoe ons toeriste behandel sal ons toerisme-opbrengs bepaal.
“Die DTA doen 'n beroep op die minister van die omgewing en toerisme en die minister van werke en vervoer om hierdie skandelike situasie op ons nasionale lughawe reg te stel,” sê Venaani in 'n verklaring.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie