DTA kry nuwe baadjie ná 40 jaar
Opposisieleiers sê die beweging kan Namibië beter as die regerende party ontwikkel.
Augetto Graig - Die Demokratiese Turnhalle Alliansie (DTA) van Namibië het Saterdag ná sy buitengewone kongres die party se nuwe naam en identiteit bekend gestel.
Die amptelike opposisie sal voortaan as die Popular Democratic Movement (PDM) bekend staan.
‘n Totaal van 325 afgevaardigdes het die kongres bygewoon, wat met die beweging se 40ste verjaardag saamgeval het.
Volgens mnr. McHenry Venaani, president van die PDM, is die naamsverandering bloot deel van ‘n groter transformasie binne die party. Hy het gesê vernuwing is nodig om armoede te beveg en nywerheidsontwikkeling te bevorder.
Versoeke uit talle dele van Namibië het die party volgens Venaani bewus van die behoefte aan ‘n nuwe naam gemaak. Die oproepe is volgens hom met onvermydelike vrees en onsekerheid ontvang.
“Dit is belangrik dat ons nie paniekbevange is nie, omdat ons doel was en altyd sal wees om Namibië in 'n voorspoedige en gelyke samelewing te omskep. Hierdie visie lei ons,” het hy gesê.
Die sentrale komitee het volgens Venaani vyf voorstelle vir ‘n nuwe partynaam aanvaar.
Die naam PDM is gekies omdat dit ‘n immer aanpasbare beweging vir die mense van die land moet wees, terwyl die naam ook die party se bydrae tot die stigting van die Namibiese demokrasie erken.
“Ons moet die toekoms aanpak en nie net ‘n nuwe naam aanneem nie,” het Venaani benadruk.
“Ons moet die manier waarop ons dinge doen, verander. Ons gaan die manier verander waarop mense die politiek en politieke leiers sien.”
Volgens Venaani moet politiek op mense fokus en oor idees en beleide handel en nie persoonlikhede nie.
“Die regering moet vir die mense werk,” het hy benadruk.
Van die hoekstene van die PDM-agenda sal die insluiting en betrekking van die jeug en die uitwissing van vaardigheidstekorte wees.
Die PDM staan die identifisering van vaardighede voor wat vinnig deur die arbeidsmark geabsorbeer kan word om werk vir die jeug te skep.
Armoede sal volgens Venaani ook nie geklop kan word sonder maatskaplike veiligheidsnette wat die belangrikheid van vroue en spesifiek enkelma's erken nie. Die beweging beoog om enkelma's wat minder as N$2 000 per maand verdien, finansieel te ondersteun.
Die PDM sal hom ook beywer vir ‘n nasionale mediese fonds, beperkinge op banke en instellings wat wins uit armoede verdien, waardetoevoeging tot minerale rykdom, die modernisering van landbou om meer water te bespaar, die verwydering van die Rooi Lyn en die regverdige en deursigtige herverdeling van grond.
Die beweging sal volgens Venaani genadeloos teen korrupsie optree en burgers se waardigheid met bekostigbare behuising herstel. – Bykomende beriggewing deur Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie