DTA: Hou politiek uit nasionale en kulturele geleenthede
Ngaringombe het homself uitgespreek oor die verpolitisering van geleenthede.
Estelle de Bruyn
Kommer is deur die sekretaris-generaal van die DTA, mnr. Manuel Ngaringombe, uitgespreek oor die gewoonte om geen onderskeid tussen nasionale en kulturele geleenthede en geleenthede van 'n politieke aard te tref nie.
Van die voorbeelde wat hy noem, is die onlangse Masubia- kulturele fees en die Olufuku-fees.
“Albei hierdie geleenthede is sonder twyfel nasionale kulturele feeste, en nie politieke vergaderings nie, maar dit word indirek in politieke geleenthede verander.
“Raadslede, lede van die parlement en ander verkose politieke leiers op verskillende regeringsvlakke van verskillende politieke partye word genooi om hierdie geleenthede as amptelike verteenwoordigers van die mense by te woon.
“Ek verstaan dus nie hoekom verkose leiers na hierdie geleenthede genooi word, wanneer dit verpolitiseer word nie.
“Wanneer 'n mens nasionale of kulturele geleenthede vier, en partyliedere van een spesifieke politieke party word gesing, word ander amptelik genooide gaste onmiddellik uitgesluit.
“Raadslede en lede van die parlement verskoon hulself dan van hierdie geleenthede en word dan daarvan beskuldig dat hulle dit nie bywoon nie. Die rede is egter die verpolitisering daarvan,” sê Ngaringombe.
Hy sê die betekenisvolle jaarlikse afname van lede van die publiek wat nasionale geleenthede bywoon, soos die viering van Onafhanklikheidsdag, moes reeds vir 'n geruime tyd as waarskuwing gedien het dat verpolitisering sekere segmente van die bevolking uitsluit.
“Dit kan nie geduld word nie. Dit sal ons nie verenig nie, maar verdere stamgebonde verdeeldheid meebring,” sê hy.
Ngaringombe is van mening dat nasionale en kulturele geleenthede juis nasionale eenheid en patriotisme moet koester en alle Namibiërs van die ryk en betekenisvolle kulturele tradisies van verskillende bevolkingsgroepe leer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie