DTA eis skorsing van PS
Die wyse waarop die nuutgestigde Owerheid vir Sake- en Intellektuele Eiendom sy direksie en die ministerie omseil het om 'n gebou in Katutura te koop, is vir die DTA onaanvaarbaar.
Die DTA vra vir die onmiddellike skorsing van die permanente sekretaris van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling en die hoofbestuurder van die Owerheid vir Sake- en Intellektuele Eiendom (Bipa), hangende ‘n dringende ondersoek na ‘n gebou in Katutura wat glo as die instansie se hoofkantoor aangeskaf is.
Volgens die president van die DTA, mnr. McHenry Venaani, moet so ‘n ondersoek deur die verantwoordelike minister en ander instansies gedoen word.
“Die DTA van Namibië is diep bekommerd oor die voortgesette erosie van korporatiewe bestuursbeginsels by staatsinstansies. Dit moedig korrupsie aan,” sê Venaani.
Hy vind dit vreemd dat die direksie van ‘n nuutgestigte entiteit soos Bipa omseil en nie geraadpleeg is toe die owerheid besluit het om ‘n “hoofkantoor” aan te skaf nie.
“Vir die permanente sekretaris van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling, mnr. Gabriel Sinimbo, om met die hoofbestuurder van Bipa, mnr. Tileinge Andima, te heul om ‘n verwaarloosde eiendom in Katutura vir N$18 miljoen te koop, sonder dat Bipa se direksie daarvan kennis gedra het of die ministerie dit goedgekeur het, skets ‘n kommerwekkende prentjie vir die toekoms van Bipa.
“Wat is die doel van die bestaan van die wet op openbare verkryging en direksies indien transaksies van hierdie aard, met ‘n totale uitlegkoste van minstens N$20 miljoen, aangegaan word sonder die toestemming van die ministerie of die direksie?
“Deur toe te laat dat erosie van korporatiewe bestuursbeginsels by ons staatsinstansies voortgaan, word die indruk geskep dat Namibië die stryd teen korrupsie laat vaar het en die plundering van die staatskas ‘n aanvaarbare praktyk geword het,” sê Venaani.
Hy maan ook dat hierdie optrede die norm sal word as dit geduld en nie gestraf word nie.
Die DTA waarsku dat ‘n versuim om op te tree ‘n uiters gevaarlike presedent sal skep en die deur vir die nuutgestigte Bipa open om dieselfde pad as die SME Bank en die Padkontrakteursmaatskappy (RCC) te loop.
“Dit is hoogtyd dat Namibiërs deur dade, en nie retoriek nie, gewys word dat daar erns en ‘n opregte bedoeling is om by staatsinstansies ontslae te raak van praktyke wat die staatskas van betekenisvolle bronne ontneem,” het Venaani gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie