DTA bekommerd oor ACC
Diepe kommer oor die Teenkorrupsiekommissie se oënskynlike voeteslepery om ondersoek na die massabehuisingsprogram in te stel, het die DTA genoop om die president se hulp te vra.
Die DTA het pres. Hage Geingob versoek om sy stem dik te maak en die Teenkorrupsiekommissie (ACC) opdrag te gee om die massabehuisingsprogram te ondersoek.
Die DTA speek ook sy kommer oor die rol van die Teenkorrupsiekommissie in die stryd teen korrupsie uit en veroordeel enige poging deur die direkteur van die ACC, mnr. Paulus Noa, om nie ‘n forensiese verslag van die ouditeursfirma Deloitte oor die massabehuisingsprogram by die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE) in ag te neem nie.
Volgens die DTA-parlementslid mnr. Nico Smit is daar twee moontlikhede: Enersyds skiet die ACC-direkteur en -personeel tekort aan begrip wat betref die rol en verantwoordelikheid van die liggaam in ondersoeke na beweerde korrupsie. Andersins dien die ACC bloot as oëverblindery en is die direkteur ‘n handpop vir politieke meesters in Swapo.
“Dit word beklemtoon deur die feit dat die massabehuisingsprogram die idee van oudpres. Hifikepunye Pohamba was en dit dus ‘n verbode gebied vir diegene is wat die politieke denkwyse van die regerende party dien.
“Die feit dat die Namibiese publiek die ACC as ondoeltreffend en polities-beheer ervaar en die stryd teen korrupsie as negatief beleef, is die ACC se eie skuld. Die enigste gevolgtrekking is dat Namibië se oogmerk om korrupsie te bekamp, leë praatjies is,” sê Smit.
Die DTA vind Noa se verduideliking vir die ACC se weiering om die NHE en die massabehuisingsprogram te ondersoek, onaanvaarbaar.
“Die saak kan nie daar gelaat word nie, aangesien mnr. Noa se optrede of gebrek aan optrede, niks ander as ‘n komplot is wat uiteindelik daartoe sal lei dat hierdie voorval van beweerde korrupsie, waarby miljarde in belastingbetalersgeld betrokke is, onder die mat ingevee word nie. Die skuldiges sal ook wegkom sonder enige vorm van aanspreeklikheid,” sê Smit.
Hy sê die DTA is bewus daarvan dat groter deursigtigheid en aanspreeklikheid in die staatsdiens een van die prioriteite van pres. Hage Geingob se administrasie is. Om hierdie rede versoek die DTA die president om tussenbeide te tree en opdrag te gee dat die ACC en die direkteur onmiddellik ‘n ondersoek instel na bewerings van korrupsie by die NHE, waar dit op die massabehuisingsprogram van toepassing is.
“Die DTA is van mening dat die onwillekeurige wanaanwending van staatsbronne en die feit dat die meerderheid aandadiges daarin geslaag het om aanspreeklikheid en geregtigheid vry te spring, die skuld vir die moeilike ekonomiese en finansiële toestand is wat die land ondervind. Die president is op rekord dat hy die bestaan van sistemiese korrupsie in die land ontken. Die DTA is egter van mening dat die mislukking van die ACC om sy pligte en verantwoordelikhede na te kom, doeltreffend bydra tot die verskansing van sistemiese korrupsie in die gemeenskap,” sê Smit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie