Dít is hoe dié bestuurders nou belê
Wanneer jy jou doelwit gestel en die regte fondsbestuurder gevind het, hou daarby, sê 'n Britse fondsbestuurder.
Elvira Wood - Wanneer jy in aandele wil belê, belê in 'n maatskappy wat jy bereid sou wees om in sy geheel te koop – indien jy dit sou kon doen.
Dít is die raad van Dan Brocklebank, beleggingshoof by Orbis in Brittanje.
Hy was Woensdag een van die kenners wat beleggingstrategie bespreek het op Allan Gray se jaarlikse beleggingseminaar wat in Sandton, Johannesburg, gehou is.
“Wanneer ek in aandele belê, sien ek dit nie net as 'n aandeel nie, maar asof ek besit neem van die maatskappy. Ek kyk dus na die hele geskiedenis van die maatskappy, hoe hy presteer het en waarheen hy op pad is.
“Ek belê dan ook op lang termyn,” sê hy.
Andrew Wheatley-Hubbard, fondsbestuurder by Blackrock, ook in Brittanje, stem met hom saam.
“Ek is die spreekwoordelike skilpad in die storie van die haas en die skilpad wat resies gehardloop het, wanneer dit by beleggings kom. Ek kies beleggings wat op lang termyn vir my standvastige opbrengste gaan lewer,” sê hy.
Wheatley-Hubbard sê wanneer iemand wil belê moet hy eerstens besluit wat sy doelwit is. Daarna moet die individu 'n fondsbestuurder vind wat hom sal help om hierdie doelwit te bereik.
“Wanneer jy jou doelwit gestel het en die regte fondsbestuurder gevind het, hou daarby. Moet dit nie verander nie,” is sy raad.
Wheatley-Hubbard sê beleggers moet ook nie skroom om “anders” te wees nie.
Hy sê een van sy gunstelingmaatskappye in Amerika waarin hy belê is een wat onder meer remskoene vir motors vervaardig.
“Remskoene is nou eenmaal 'n produk wat noodsaaklik is. As jy 'n motor het, moet jy die remskoene van tyd tot tyd vervang. Hierdie maatskappy kan dus as 'vervelig' beskou word, maar die feit is dat hy al vir meer as 60 jaar lank elke jaar dividende betaal. So op lang termyn is dit beslis 'n goeie maatskappy om in te belê.”
Alex Lyle, hoof van bestuurde fondse by Columbia Threadneedle, ook in Brittanje, sê wanneer hy in maatskappy belê kyk hy deesdae na dié wat as “markontwrigters” beskryf kan word.
“Ek belê veel eerder in 'n maatskappy wat as 'n ontwrigter beskou word, as in een wat ontwrig word,” sê hy.
Hy beskou 'n maatskappy soos Amazon as een van die ontwrigters.
Nóg raad wat Wheatley-Hubbard vir beleggers het, is dat wanneer hulle in die buiteland belê, hulle definitief
in 'n maatskappy moet belê waar daar min risiko is.
“Onthou, jy belê juis in die buiteland om jou geld teen die wisselvalligheid van die plaaslike mark te beskerm. Kies dus 'n maatskappy waar jou belegging veilig gaan wees,” sê hy. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie