DStv oor kanale
Klagte:
Ontevrede met DStv Namibia skryf:
Ek sal graag 'n reaksie van DStv wil hê. Ons betaal 'n enorme fooi elke maand, maar die programme wat ons kry, is herhalings op herhalings. (Moet asb. nie weer net antwoord deur te sê dat almal het nog nie die program gesien nie). Party films word al vir die 10de/15de keer herhaal.
Die kanaal Animal Planet is weggeneem met geen vervanging nie. In SA kry jy BBC Earth HD op kanaal 184, niks in Namibië nie, en hulle verskoning dat hulle 'n opname gedoen het en mense het gesê hulle wil dit nie hê nie, is snert!
In SA is die ekstra filmkanaal Showmax deel van jou pakket, weereens niks in Namibië nie, tog betaal ons presies dieselfde en nog meer.
Die uitsaai van die Dakar-wedren is belaglik, want jy kry die nuus 2 dae later as jy onthou om dit op te neem. Dis 'n skande as jy die prys wat ons betaal in ag neem.
Reaksie:
Levana Cloete, korporatiewe sakebestuurder van MultiChoice Namibia skryf:
Programherhalings vind plaas omdat 'n enkele kanaal wat 24 uur per dag uitsaai 8 760 ure se inhoud per jaar benodig. Aangesien slegs 600 flieks elke jaar gemaak word, wat ons slegs 1 200 ure filmtyd gee, is dit nodig dat ons herhalings op verskeie kanale uitsaai.
Animal Planet het op 30 Desember 2017 op DStv gestop, maar kliënte sal nie uitmis nie, aangesien sommige van die geliefde vertonings op die ander Discovery-kanale beskikbaar sal wees. Programme soos "Treehouse Masters" sal na Discovery verskuif terwyl "Tanked", "Insane Pools", "Pool Master" en "Shark City" na Discovery Family verskuif het. Ons sal voortgaan om soortgelyke inhoud aan te toon op ander kanale soos National Geographic, Nat Geo Wild, sowel as op Discovery Channel.
Wat BBC Earth betref: navorsing het aangedui dat die kanale BBC BRIT sowel as BBC Lifestyle die sterkste resonansie met Afrikagehore het. MultiChoice het Namibiese intekenare verlede jaar in September van die BBC-kanaalveranderinge ingelig, asook oor die bekendstelling van nuwe, wêreldwye genrehandelsmerke wat wêreldklas, eerstekeer-inhoud bied. BBC-handelsmerkkanale wat in Namibië beskikbaar is, sluit in BBC First, BBC Brit, BBC Lifestyle, CBeebies en BBC World News.
Wat die Dakar-tydren betref: Multichoice Namibia het nie die regte gehad om die wedren uit te saai nie, maar dit was beskikbaar vir DStv-kykers op Catch Up en as Daily/Stage Highlights op SuperSport 5.
Op die oomblik is ons in gesprekke met MultiChoice Africa aangaande die ShowMax-aanbod aan DStv Premium-kliënte regoor die vasteland en sal die nodige aankondiging maak indien en wanneer die diens beskikbaar word.
Van tyd tot tyd hersien ons ons platform om te verseker dat ons dienste voldoen aan die behoeftes en kykvereistes van ons intekenare. Dit kan lei tot die byvoeging en verwydering van kanale om kapasiteit vir toekomstige kanaaltoevoegings te skep. Hierdie hersiening word ook onderneem om te verseker dat ons intekenare steeds 'n gebalanseerde reeks programme op ons platform geniet.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie