Dís waarom Kwagga nie speel
Superrugby
Christo Buchner - Die verrassende besluit om die Springbokslot Franco Mostert as flank te kies vir Saterdag se Superwedstryd teen die Bulle op Loftus Versfeld in Pretoria, sal die Leeus se lynstaan-opsies versterk.
Mostert sal die nommersewe-trui dra, met Cyle Brink wat na die anderkant van die skrum skuif waar hy die plek van Kwagga Smith neem. Smith is nie oorweeg vir hierdie kragmeting nie. Swys de Bruin, die hoofafrigter, sê dit is 'n reeks faktore wat 'n rol gespeel het daarin dat besluit is Smith het vandeesweek 'n ruskans nodig.
“Hy het baie rugby vir die nasionale sewesspan gespeel en het ook 'n ligte enkelbesering, wat darem nie te ernstig is nie. Alles in ag genome is daar besluit hy moet nou daardie ruskans kry."
Die eertydse Blou Bul Marvin Orie neem Mostert se plek op slot. In die enigste ander skommeling aan die span wat die Jaguares gewen het, vervang Rohan Janse van Rensburg vir Harold Vorster op binnesenter. Dit is egter die skuif van Mostert na flank wat die wenkbroue lig. Dit is 'n ongewone posisie vir hom en baie mense sal dit sien as 'n waagstuk.
De Bruin is egter oortuig daarvan dat die ervare Mostert die mas daar sal opkom. “Die soort spel wat hy op slot lewer is baie naby aan hoe 'n sewe-flank speel en ek weet hy sal in daardie posisie kan inpas. Vir my is dit beslis nie 'n probleem dat hy daardie skuif moet maak nie,” sê De Bruin.
Dit gee die Leeus ook 'n ekstra lynstaan-opsie agterlangs en dit sal 'n belangrike aspek van die spel wees. Besit uit die vaste fasette kan deurslaggewend wees in hierdie kragmeting.
Al gaan hy nie in sy gebruiklike plek in die lynstaan wees nie, sal Mostert steeds die organiseerder en roeper van die lynstane wees.
Janse van Rensburg, wat die eerste keer hierdie Super-seisoen 'n wedstryd begin, het die vermoë om van sy beste vertonings teen die Bulle te lewer. In 'n paar onlangse kragmetings met die Pretorianers het hy hulle hoofbrekens besorg met sy kraglopies.
Sedert hy ná die afseisoen teruggekeer het uit Engeland, het hy operasies aan albei sy oë ondergaan en dit is hoekom dinge in die openingskragmetings maar rustig met hom gevat is en hy nou eers vanuit die staanspoor losgelaat gaan word.
Vorster skuif na die plaasvervangersbank, waar die langbeenvleuel, Madosh Tambwe, ook 'n nuwe gesig is. Marnus Schoeman, ook 'n eertydse Bul, wat toe na die Pumas is, is die losvoorspeler tussen die plaasvervangers.
Leeus: Andries Coetzee, Sylvian Mahuza, Lionel Mapoe, Rohan Janse van Rensburg, Aphiwe Dyantyi, Elton Jantjies, Ross Cronjé, Warren Whiteley (k), Franco Mostert, Cyle Brink, Marvin Orie, Andries Ferreira, Ruan Dreyer, Malcolm Marx, Jacques van Rooyen. Plaasvervangers: Robbie Coetzee, Dylan Smith, Jacobie Adriaanse, Lourens Erasmus, Marnus Schoeman, Marco Janse van Vuren, Harold Vorster, Madosh Tambwe.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie