Dís waarom Bokke suinig is met dryfmale
Rugby
Hendrik Cronjé - Die Springbok-rugbykamp het nie ’n verbod op dryfmaalbewegings geplaas nie.
“Ons wil dit net nie oordoen en te voorspelbaar vir teenstanders word nie,” het Matt Proudfoot gesê.
“Dit is steeds ’n wapen in ons arsenaal. Dit was nog altyd een van ons sterkpunte.
“Dit hang van ons strategie af wanneer ons hom gebruik of nie. Die span se besluitnemers moet daaroor besin.”
Die Bokke het die dryfmaalbeweging sover vanjaar min as ’n wyse van aanval óf afwisseling gebruik. Suid-Afrikaners se beheptheid met aanskoulike hardlooprugby ná die Leeus se Superrugby-sukses, het waarskynlik ’n invloed gehad waarom Proudfoot-hulle besluit het om daarvan weg te beweeg.
Selfs die SuperSport-kenner Victor Matfield het ná sy oud-spanmaats se nederlaag teen Argentinië in Salta gesê hy is verbaas dat die Bokke nie meer van dryfmaalbewegings gebruik maak nie.
Niemand bevraagteken dat hardlooprugby die pad vorentoe vir Suid-Afrikaanse rugby is nie, maar die nodige balans daarvoor moet nog in die Bok-kamp gevind word.
Deur dié week vier slotte – Eben Etzebeth, Lood de Jager, Pieter-Steph du Toit en Franco Mostert – te kies, kan ’n aanduiding wees dat die Bokke die lynstane as ’n grondslag vir aanvalle teen die Wallabies wil gebruik.
Die verhouding tussen Adriaan Strauss en sy rankers sal Proudfoot-hulle groot gemoedsrus gee om dit te doen.
Strauss het sover met 20 van sy 21 ingooie die teiken in die Rugbykampioenskap getref. Teenoor die Bok-kaptein was sy Wallaby-eweknie Stephen Moore net met 8 uit 14 ingooie akkuraat.
Proudfoot-hulle onderskat allermins die tuisspan se hemelbesems.
“Ek sien nie werklik fout met die Australiese lynstaanspel nie,” het die Bok-voorspelerafrigter gesê.
“Hulle het uitmuntende rankers. Moore is met sy ingooie een van die bestes in wêreldrugby en ek sien nie rede tot kommer nie. Ek dink net hulle moet hul ritme vind. Hulle is ’n goeie span.” - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie