Dís moontlik oorsaak van brande in Kalifornië
Die verwoestende wegholbrand bekend as Camp Fire in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië is moontlik deur foutiewe oorhoofse kragdrade of substasies veroorsaak.
Twee diensverskaffers, Southern California Edison en Pacific Gas & Electric, het rondom die tydperk wat die brande verlede week ontstaan het, aan reguleerders aangedui dat hulle probleme ondervind het in die gebiede wat nou in puin gelê is.
Nog ses slagoffers is Dinsdag gevind in Paradise die dorp wat die ergste deur die brand getref is. Die meeste inwoners in Paradise is pensioentrekkers.
Die dodetal het tot 48 gestyg en dit word beskou as die dodelikste brande in die deelstaat se geskiedenis.
NOG MENSE VERMIS
Reddingswerkers soek al ses dae na nog slagoffers en honderd soldate word ook nou ontplooi om met die soektog te help. Minstens 200 mense word steeds vermis.
Meer as 7 000 huise en ander geboue is vernietig en nog 15 500 strukture is in gevaar.
Dinge lyk meer positief in die suide van die deelstaat, waar die sogenaamde Woolsey-brand woed, wat baie bekendes, soos die akteur Gerard Butler en die sanger Miley Cyrus, se huise vernietig het.
Dié brand, wat twee lewens geëis het, is reeds 35% onder bedwang en van die inwoners wat vroeër die gebied moes ontruim kon na hul huise terugkeer.
Meer as 400 strukture is verwoes en ongeveer 200 000 mense moes na die berge en voetheuwels naby die Malibu-kus wes van Los Angeles vlug. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie